‘Kook en ge­niet’ kry le­we op TV

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Die sto­ries ag­ter die i­ko­nie­se kook­boek Kook en ge­niet en sy ewe i­ko­nie­se skry­wer sal eers­daags in kleur en geur op TV ver­tel word. Li­se Swart gaan die reeks Kook en ge­niet aan­bied wat van 5 Ju­lie op kykNET te sien sal wees. Die boek is die groot­ste ver­ko­per in sy soort in Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis en is ge­skryf deur Ina (of­te­wel S.J.A.) de Vil­liers. Dié S­tel­len­bos­se huis­houd­kun­di­ge en skry­wer is in 2010 oor­le­de, maar haar ver­haal sal in die reeks ver­tel word. Ky­kers sal ook haar dog­ters, Eu­ni­ce en He­leen, ont­moet.

Kook en ge­niet is se­dert 1951 in die be­sit van sjefs en a­ma­teur­kok­ke. Dit be­vat meer as 700 be­proef­de re­sep­te.

Swart gaan week­liks by ver­skil­len­de men­se aan­klop om re­sep­te en wen­ke uit dié boek te deel.

“Ek is nie ’n voor­slag in die kom­buis nie. Trou­ens, dit was nog al­tyd vir my ’n duis­te­re wê­reld, maar selfs ék be­sit ’n Kook en ge­niet, wat my ma vir my pre­sent ge­gee het. In my be­perk­te kos-kos­mos is ek deeg­lik be­wus van hoe be­kend en ver­rei­kend Kook en ge­niet is. Om dan nog die mens te wees wat die sto­rie ag­ter hier­die boek moet ver­tel, is niks min­der as ’n eer nie. Waar­na ky­kers kan uit­sien, is hoe on­ge­loof­lik De Vil­liers se sto­rie is.”

Li­se Swart bied kykNET se reeks oor die i­ko­nie­se boek Kook en ge­niet aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.