Oom Paul bly, kry laag er­fe­nis by

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die ge­skied­kun­di­ge Kerk­plein in P­re­to­ria gaan in sy ge­heel ’n “mo­nu­ment vir vry­heid van spraak” word – en oom Paul se stand­beeld bly.

Sol­ly M­si­man­ga, DA-bur­ge­mees­ter van die Tshwa­ne-me­tro­raad, het gis­ter in sy be­gro­tings­re­de ge­sê Pro­jek La­le­la (die Zoe­loe-woord vir luis­ter) sal die eer­ste in sy soort wees en ho­pe­lik by­dra tot ’n meer in­klu­sie­we ge­meen­skap.

Die vo­ri­ge ANC-be­heer­de bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee het die La­le­la-pro­jek vier jaar ge­le­de goed­ge­keur, maar daar het tot­dat hul amps­ter­myn ná ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing ge­ëin­dig het niks van ge­kom nie.

Die laas­te paar jaar word ’n warm de­bat in P­re­to­ria ge­voer oor of Paul Kru­ger se stand­beeld op Kerk­plein moet bly of ge­skuif moet word.

Die beeld is twee jaar ge­le­de toe­ge­span om dit teen van­da­le te be­skerm.

Die nu­we DA-be­heer­de ad­mi­nis­tra­sie, wat in Au­gus­tus ver­le­de jaar die be­heer by die ANC oor­ge­neem het, meen Kerk­plein kort ’n “nu­we laag er­fe­nis” wat al sy in­wo­ners tuis sal laat voel.

Saam met die Kru­ger-mo­nu­ment, wat si­no­niem met die plein is, sal die na­la­ten­skap en werk van st­rug­gle-staat­ma­kers op die plein en by die Pa­leis van Jus­ti­sie oor­kant die plein as deel van die La­le­la-spraak­vry­heids­mo­nu­ment be­waar word.

’n Rots van Rob­ben­ei­land, waar po­li­tie­ke ge­van­ge­nes in die a­part­heids­ja­re ge­dwon­ge ar­beid ver­rig het, sal ook uit­ge­stal word.

Tshwa­ne hoop dit sal le­de van die pu­bliek, be­soe­kers en be­leg­gers na die om­ge­wing van Kerk­plein lok.

“Ons hoop dit sal ’n plek word waar die kleur­vol­le sy van vry­heid van spraak ge­niet kan word en waar dit kan by­dra tot die o­pen­ba­re dis­koers in Suid-A­fri­ka,” sê M­si­man­ga.

Daar sal daag­lik­se ver­maak op die plein wees wat ho­pe­lik toe­ris­te en in­wo­ners sal lok en sal by­dra tot die her­nu­wing van die mid­de­stad.

Kuns­te­naars sal dag en nag gra­tis kan op­tree. ’n O­pe­lug­te­a­ter word be­plan van waar op­tre­des op TV of die in­ter­net uit­ge­saai kan word.

M­si­man­ga sê hy hoop Kerk­plein sal in die toe­koms wê­reld­wyd er­ken word as ’n mo­nu­ment vir spraak­vry­heid en ’n plek wat men­se daar­aan her­in­ner dat spraak­vry­heid nie as van­self­spre­kend aan­vaar mag word nie.

Fo­to: A­LET PRETORIUS

Die stand­beeld van Paul Kru­ger en die Boe­re­kry­gers op Kerk­plein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.