Drup­drup wen land wa­ter­stryd

Nu­we pa­ten­te laat die oë rek

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Te mid­de van die droog­te wat steeds in de­le van die land er­vaar word, word groot klem op die Nampo-oesfees by Bot­ha­vil­le ge­lê op be­sproei­ings­me­to­des wat so­veel moont­lik wa­ter be­spaar.

I­tai Mel­chi­or, hoof van die Is­rael­se am­bas­sa­de se han­dels- en e­ko­no­mie­se af­vaar­di­ging, moe­dig drup­be­sproei­ing aan.

Die stel­sels wat Is­rael­se maat­skap­pye ver­vaar­dig, kan tot 30% wa­ter be­spaar, sê hy.

“So­wat 30% van die wa­ter wat deur ’n spil­punt ge­bruik word, gaan ver­lo­re en kom nooit on­der die grond uit nie weens ver­dam­ping.

“Met drup­be­sproei­ing be­spaar ons daar­die 30% en kan wa­ter baie doel­tref­fen­der ge­bruik word vir dit waar­voor dit be­doel is.

“Die wa­ter­si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka is kri­tiek. Daar­om is dit be­lang­rik om wa­ter te be­spaar, ver­al in die land­bou, wat so­wat 60% van die land se wa­ter ge­bruik.”

Mel­chi­or sê Is­rael het 12 jaar ge­le­de ’n groot wa­ter­te­kort ge­had. “Maar van­dag is al­les weer in die haak, want ma­nie­re en teg­no­lo­gieë soos dié word ge­bruik om wa­ter te be­spaar.”

Hy sê hy hoop die droog­te is ’n wek­roep vir al­le Suid-A­fri­ka­ners.

“Aard­ver­hit­ting, nes wa­ter­skaars­te, is hier om te bly en het ’n groot in­vloed op die land­bou,” sê Mel­chi­or. ■ Ver­le­de jaar het Ber­tus Goo­sen van Botswa­na be­soe­kers laat hik van die skrik met sy toe­ten­de pot.

Van­jaar het Goo­sen sy kre­a­ti­wi­teit weer in­ge­span om ’n groot Suid-A­fri­kaan­se pro­bleem op te los: Hoe om ver­skil­len­de kos­soor­te op een slag saam te braai.

Hy het die eer­ste plek in die boe­re­pa­tent-kom­pe­ti­sie op die Nampo-oesfees be­haal.

Met agt plek­ke om roos­ters aan te haak en aar­tap­pels en mie­lies vas te maak, kan jy jou he­le ete met een braai­slag gaar­maak.

’n Fiets­ket­ting word ge­bruik om die roos­ters, aar­tap­pels en mie­lies te draai ten ein­de die kos e­we­re­dig gaar te maak.

‘‘ Die wa­ter­toe­stand in Suid­A­fri­ka is baie kri­tiek. Daar­om is dit be­lang­rik om wa­ter te be­spaar, ver­al in die land­bou, wat so­wat 60% van die land se wa­ter ge­bruik. — I­TAI MEL­CHI­OR

Fo­to: EL­SJE DU TOIT

Ber­tus Goo­sen ge­bruik ’n fiets­ket­ting en rat­te om ver­skil­len­de soor­te kos ge­lyk­ty­dig op een braai­er oor die ko­le gaar te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.