Ma­la­ri­a­ge­val­le in Lim­po­po neem af

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die ge­tal ma­la­ri­a­ge­val­le in Lim­po­po neem sta­dig­aan af.

Van 24 tot 30 A­pril is 1 251 ma­la­ri­a­ge­val­le in Lim­po­po aan­ge­meld, van 1 tot 7 Mei 876 en van 8 tot 14 Mei 780, vol­gens P­hi­lip Kru­ger, di­rek­teur van ma­la­ri­aaan­ge­leent­he­de by die pro­vin­si­a­le de­par­te­ment van ge­sond­heid.

Kru­ger sê die ho­ër voor­koms van ma­la­ria in buur­lan­de, soos Zim­bab­we, Botswa­na, Mo­sam­biek en de­le van Na­mi­bië, het Lim­po­po se ge­tal­le ge­raak.

Ná die Paas­na­week, toe baie men­se na en van buur­lan­de ge­reis het, was daar ’n skerp toe­na­me in die ge­tal ma­la­ri­a­ge­val­le.

K­li­maats­ver­an­de­ring, wat ge­lei het tot ho­ër tem­pe­ra­tu­re en meer re­ën in die noord­oos­te­li­ke de­le van Lim­po­po, het ook ’n im­pak ge­had.

Weens die hoë voor­koms van ma­la­ria in buur­lan­de was daar ’n kort tyd, van 28 A­pril tot 2 Mei, ’n te­kort aan die ma­la­ri­a­mid­del Co­ar­tem.

Ma­la­ria is en­de­mies aan die noord­oos­te­li­ke de­le van Lim­po­po, M­pu­ma­lan­ga, die Kru­ger­wild­tuin en de­le van K­waZu­lu-Na­tal.

Kru­ger sê die noord­oos­te­li­ke de­le van die V­hem­be- en die oos­te­li­ke de­le van die Mo­pa­ni-dis­trik, wat Hoed­spruit in­sluit, is die erg­ste ge­raak.

Die doel­tref­fend­ste ma­nier om ma­la­ria te ver­hoed, is vol­gens hom om ge­boue en hui­se in ge­bie­de waar dit en­de­mies is met gif­stof te be­spuit. “Dit ver­hoed on­ge­luk­kig nie al­le ver­sprei­ding nie, soos wan­neer mus­kie­te wat ma­la­ria dra in ba­ga­sie of voer­tuie na ge­bie­de ge­neem word waar ma­la­ria nie en­de­mies is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.