Groei­en­de lys van ver­moor­des skok

Beeld - - Nuus -

El­ke jaar word al hoe meer na­me van plaas­moord­slag­of­fers op die Muur van He­rin­ne­ring in Nam­po­park aan­ge­bring, wat be­soe­kers aan die Nampo­oesfees laat won­der of die re­ge­ring iets daar­aan doen.

“Hier moe­nie so­veel na­me wees nie,” sê Sa­rel Vil­joen, ’n sa­ke­man van P­re­to­ria.

Dit maak hom bit­ter be­kom­merd. Hy ken die slag­of­fers nie, maar het mee­ge­voel met hul ge­lief­des.

“Hoe­kom plaas­moor­de al­tyd so wreed moet wees, weet ek nie. Ek dink nie e­nig­ie­mand weet reg­tig nie.

“Maar vir die ge­lief­des wat ag­ter­bly, moet dit vrees­lik wees om weer daar­aan her­in­ner te word wan­neer hul­le fa­mi­lie­le­de se na­me op die muur sien.”

Tog dink hy die men­se moet ge­denk word.

“Al is dit hoe swaar, ons – die re­ge­ring in­kluis – moet her­in­ner word aan wat met dié men­se ge­beur het.”

Die lys na­me is nog nie heel­te­mal op da­tum nie en men­se kry die ge­leent­heid om die leem­tes te vul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.