1 Yank se droom, tal­le an­der se nag­mer­rie

Beeld - - Vrydag - Mar­gue­ri­te van Wyk

The Foun­der Dra­ma

Dis een ding om ’n lo­ser te wees. Maar om met án­der se kal­wers te ploeg om­dat jy nie jou eie we­ni­dees kan uit­dink nie . . .dít is am­per so erg soos ’n ham­bur­ger met te veel ta­ma­tie­sous, rou vleis en ’n ver­lep­te a­gur­kie daar­op.

1954. Ray Kroc (Mi­cha­el-si­nie­se-gryns­slag-Ke­a­ton), ’n melk­skom­mel­ver­koop­man, be­kend as die stig­ter van die M­cDo­nald’s-kits­kos­ryk, het pre­sies dít ge­doen. Toe Mac (John Car­roll Lynch) en Rick (Nick Of­fer­man) Ma­cDo­nald, die oer­stig­ters van die han­dels­merk, agt van Kroc se melk­skom­mel­ma­sjie­ne be­stel, be­sluit hy om ’n ro­ad trip van Il­li­nois na Ka­li­for­nië te doen. Daar ge­kom, vind Kroc al­les uit oor hul kits­kos­plek, waar al­mal bin­ne 30 se­kon­des be­dien word. Hy steel al die broers se ken­nis, na­dat dié twee eer­ba­re ou­ens, wat arm groot­ge­word en hul be­sig­heid op die har­de ma­nier op­ge­bou het, hul er­va­rings met hom deel. Niks­ver­moe­dend. Hul­le word sa­ke­ven­no­te. Kroc be­gin o­ral fran­chi­ses van dié han­dels­merk en la­ter koop hy die be­sig­heid on­der die broers uit. Hul­le is – te ver­sta­ne – ver­stom en ver­dwaas.

Har­de­kwas sê Kroc bloot: “Kon­trak­te is soos har­te. Ge­maak om ge­breek te word.’’ Die ky­ker is dus nie heel­te­mal ge­skok as hy een aand ter­loops aan ta­fel vir sy vrou, Et­hel (Lau­ra Dern), sê hy wil skei nie. Dié ein­ste Et­hel wat hom al­tyd on­der­steun het, al­tyd maar ge­luis­ter het na sy nar­sis­tie­se praat­jies na­dat hy van ’n sa­ke­reis te­rug­keer of na­dat hy die so­veel­ste dran­kie ge­drink het.

Voor jou oë o­pen een ná die an­der M­cDo­nald’s, Kroc raak mag­ti­ger en die “A­me­ri­kaan­se droom’’ kom na­der. Hy merk al­tyd twee din­ge in A­me­ri­kaan­se dor­pies op: die al­om­teen­woor­di­ge lands­vlag en die kerk met die kruis. En, glo hy, M­cDo­nald’s kan soos ’n nu­we soort A­me­ri­kaan­se “kerk’’ wees – waar lig­gaam én siel ge­voed word . . .

Maar hoe na­der Kroc aan sy A­me­ri­kaan­se droom be­weeg, hoe min­der van ’n held word hy. Hy word as’t wa­re keer op keer ont­mas­ker as die lo­ser wat ons in die be­gin van die fliek leer ken het. Ie­mand wat die te­le­foon in men­se se ore neer­gooi as hy be­neuk is, wat in­loop by een van die Ma­cDo­nald-broers se hos­pi­taal­ka­mer met ’n on­sen­si­tie­we ver­soek, o­pen­lik flan­keer met ’n toe­koms­ti­ge werk­ne­mer se vrou. Suk­ses be­te­ken nie vir hom die bes­te diens vir sy klan­te nie, eer­der om so­veel as moont­lik geld so vin­nig as moont­lik te maak.

Don­ker hu­mor, kle­re en mo­tors van die ja­re 50 en do­ku­men­tê­re in­set­sels wat plek-plek in­ge­weef word, goeie to­neel­spel, ver­al deur Ke­a­ton en die “M­cDo­nald-broers’’, maak dit lek­ker kyk­stof.

’n Groot ver­ras­sing is Ke­a­ton en Lin­da Car­del­li­ni se du­et van “Pen­nies from He­a­ven’’, waar al­bei die kla­vier tok­kel (lek­ker en goed), sy sen­su­eel in haar rooi rok, hy ken­ne­lik be­gees­terd met die mooi vrou.

Kroc is al in 1984 dood, maar M­cDo­nald’s werk nog vol­spoed. Dís wat Kroc raak­ge­sien het op dag een: “Van­dat ek die eer­ste keer jul naam op die bord ge­sien het, het ek ge­weet ek wil dit hê en ek het dit nou. M­cDo­nald’s klínk A­me­ri­kaans.’’ ■ Ak­teurs: Mi­cha­el Ke­a­ton, Lau­ra Dern, Nick Of­fer­man, John Car­roll Lynch, Pa­trick Wil­son en Lin­da Car­del­li­ni. Re­gis­seur: John Lee Han­cock. 10­12 OL, 115 mi­nu­te.

The Foun­der.

Ray Kroc (Mi­cha­el Ke­a­ton) knip die lint by die be­kend­stel­ling van sy kits­kos­re­stau­rant in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.