Die na­week

Beeld - - Vrydag -

Van­dag om 19:00 word die rol­prent Mam­ma Mia! by die Co­w­hou­se­mark in Ha­zel­de­an Val­ley, P­re­to­ria, aan­ge­bied. CD van Ree­nen van Vars­lug­flieks wil ’n er­va­ring aan be­soe­kers bied, nie net nóg ’n rol­prent­ver­to­ning nie. Jy kan dit in jou mo­tor be­sig­tig. Die hek­ke maak om 18:00 oop.

Dit is op die hoek van Rid­ge­straat en Sil­ver La­kes­weg, P­re­to­ria. Kaart­jies kos R80. Be­soek Tix­sa by tix­sa.co.za om te be­spreek. Die san­ge­res Lu­na Pai­ge met Ja­mie Ju­pi­ter en Nick Tur­ner bied Ing­rid Jon­ker en An­dré P. B­rink se lief­des­brie­we in mu­siek dié na­week in die Fox­wood­te­a­ter in Houg­h­ton aan met die pro­duk­sie Kor­rel­tjie kan­tel. Die ver­hou­ding tus­sen Jon­ker en B­rink word in roe­ren­de mu­si­ka­le ver­wer­kings uit­ge­beeld. Die pro­duk­sie is ge­grond op die boek Vlam in die sneeu, wat in 2015 ver­skyn het en wat uit hul brie­we aan me­kaar be­staan.

Dit be­gin Son­dag om 15:00. Kaart­jies kos R130. S­tuur e­pos na in­fo@fox­wood.co.za om te be­spreek. Daar is ook die op­sie van Fox­wood Hou­se se Son­dag­mid­dag­e­te. Die prys vir die drie­gang­maal­tyd is R180, of be­stel­lings per ge­reg. Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries maak ’n draai in die At­ter­bu­ry­te­a­ter tot Son­dag. Dié pro­duk­sie on­der re­gie van San­dra Prins­loo is ge­grond op PG du P­les­sis se ge­lyk­na­mi­ge bun­del wat ook as te­le­vi­sie­reeks uit­ge­saai is. Du P­les­sis se be­ken­de sto­ries speel af in ’n klein­dorp­se om­ge­wing. Dis ’n vo­ri­ge era, maar ti­pies aan Du P­les­sis se werk is die ka­rak­ters en hul pro­ble­me tyd­loos.

Dis volkste­a­ter, vol lag en ’n bie­tjie traan. Ma­ri­on Holm, Chris van Nie­kerk, Ca­rel Nel, Mar­git Mey­er­R­ö­den­beck en Wes­sel Pretorius is in die rol­ver­de­ling. A­lexa S­tra­chan het die teks­ver­wer­king ge­doen en die pro­duk­sie saam met Mey­er­R­ö­den­beck ver­vaar­dig. Ver­to­nings is van­dag om 20:00, mô­re om 15:00 en 20:00, en Son­dag om 15:00. Kaart­jies kos van R150 tot R175. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Die Jo­han­nes­burg Youth Or­ches­tra en Born to Per­form tree weer saam op in A Nig­ht with the S­tars in die Ly­ricte­a­ter by Gold Reef Ci­ty. Hul­le bou voort op hul suk­ses ver­le­de jaar met net drie ver­to­nings. Die jeug­or­kes be­staan uit meer as 70 jong mu­si­kan­te. Ri­chard S­tir­ton, die wen­ner van The Voi­ce SA, en Ti­ma Ree­ce, wie se al­bum 9 ver­le­de jaar uit­ge­reik is, tree as gas­kuns­te­naars op.

Die kon­sert sluit in wer­ke van Beet­ho­ven en Tsjai­kof­ski tot John Wil­li­ams en Cold­play, van F­leur East en Jess G­lyn­ne tot Qu­een. Cat­her­i­ne Coet­zer tree as se­re­mo­nie­mees­ter op. S­ka­kel 011 484 1257, s­tuur e­pos na in­fo@or­ches­tra­com­pa­ny.org.za of be­soek bornt­o­per­form. co.za vir meer in­lig­ting. Ver­to­nings is van­dag en mô­re om 19:30, en Son­dag om 15:00. Kaart­jies kos van R150 tot R250. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Die re­gis­seur Ja­mes Ng­co­bo voer die klas­sie­ke to­neel­stuk The Suit tot 28 Mei in die Man­nie Ma­nim­te­a­ter in die Mark­te­a­ter op. Dit is ge­grond op die kort­ver­haal deur die oor­le­de skry­wer en Drum­joer­na­lis Can T­hem­ba. Twee men­se het o­ën­skyn­lik ’n ge­luk­ki­ge ver­hou­ding en dan be­trap P­hi­le­mon vir Ma­thil­da met ’n an­der man.

Dié man se pak kle­re bly ag­ter en dit word ’n ka­rak­ter in hul ver­hou­ding, by­na ’n der­de per­soon. Siy­a­bon­ga T­wa­la en Zo­la Nom­bo­na is die twee hoof­spe­lers. Ver­to­nings is Dins­dae tot Sa­ter­dae om 20:15, en Son­dae om 15:15. Be­spreek by Web­tic­kets.

Fo­to: RO­BERT HAMBLIN

Wes­sel Pretorius en Ca­rel Nel in Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries.

Mam­ma Mia! word van­dag in P­re­to­ria ver­toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.