Ar­bour Café bied iets vir el­ke smaak

Beeld - - Vrydag - Fo­to: TERÉ­SA COET­ZEE

Weg­ge­steek daar in die klein Bi­rd­ha­ven-win­kel­sen­trum in Il­lo­vo, Jo­han­nes­burg, vind ’n mens die fraai re­stau­rant Ar­bour Café & Cour­ty­ard.

Dit maak nie saak of jy lus is vir ’n ont­byt, lig­te mid­dag­e­te of iets meer sub­stan­si­eels nie, in hier­die eet­plek sal jy be­slis nie te­leur­ge­stel word nie.

Hoe­wel Ar­bour Café van die par­keer­a­rea af soos ’n klein eet­plek­kie lyk, het hy ook ’n lief­li­ke bin­ne­hof wat jou laat voel of jy ie­wers in Eu­ro­pa kui­er.

In die so­mer hel­der die dui­sen­de lig­gies saans die he­le bin­ne­hof op, ter­wyl jy in die win­ter­maan­de heer­lik in die son­ne­tjie kan bak.

Wat die spys­kaart be­tref, is dit ver­al die crê­pes en ga­let­tes Die rib­fi­let met ’n ro­me­ri­ge wil­des­am­pi­oen­sous. wat uit­staan. Die ga­let­tes word be­dien met in­te­res­san­te kom­bi­na­sies, soos ge­ka­ra­mel­li­seer­de ge­bak­te ap­pel, heu­ning, brie en pe­kan­neu­te. Ek kan dit be­slis aan­be­veel. Vir R96 is dit ’n vul­len­de mid­dag­e­te.

Ook die eend en ker­sie met ju­lien­ne-wor­tel, -kom­kom­mer en -spriet­uie het my aan­dag ge­trek (R118).

Vir dié wat ’n slaai vir mid­dag­e­te ver­kies, bied Ar­bour Café ses ver­skil­len­de slaaie op die spys­kaart, soos die slaai met ge­bak­te ap­pel, beet, pam­poen, fe­ta en ge­roos­ter­de sa­de (R78). Daar is ook ’n in­te­res­san­te ge­rook­tesalm-slaai met a­vo­ka­do­peer, po­me­lo, kom­kom­mer, rooi­ui, swart se­sam­saad en si­trus­sous wat ek be­slis vol­gen­de keer sal be­stel. Dié slaai kos R97.

En as jy lus is vir iets vlei­se­rigs of meer as net ’n slaai, is daar ’n groot ver­skei­den­heid waar­uit jy kan kies vir ’n hoof­ge­reg.

Die ver­ou­der­de pri­ma rib, wat met kruie en knof­fel­bot­ter be­dien word, is voor­tref­lik, en die 250 g-rib­fi­let met ’n ro­me­ri­ge wil­des­am­pi­oen­sous is die lek­ker­ste wat ek in ’n baie lang tyd ge­ëet het. Dit was per­fek tus­sen rou en half­gaar op die vuur ge­braai en die geur was fan­tas­ties. Dit is be­dien met goue, bros aar­tap­pel­sky­fies. Heer­lik!

Ná die hoof­ge­reg is die crê­pes by­na net te veel vir ’n na­ge­reg en ek sal aan­be­veel dat ’n mens dit óf deel of eer­der som­mer net vir ’n tee­drink-ge­leent­heid kom ge­niet.

Ar­bour Café & Cour­ty­ard is in die win­ter net tot 17:00 oop, maar in die so­mer­maan­de kan jy ook saans hier kui­er. Die bin­ne­hof is die i­de­a­le plek vir pri­vaat par­ty­tjies en die kos is uit­ste­kend.

S­ka­kel 087 550 3455 vir be­spre­kings. – Teré­sa Coet­zee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.