Mid­nig­ht Oil se eer­ste in twee de­ka­des

Op Sa­ter­dag 29 Ju­lie is die Aus­tra­lie­se groep Mid­nig­ht Oil vir die eer­ste keer in twee de­ka­des op die ver­hoog te sien. Teré­sa Coet­zee het te­le­fo­nies met die hoof­san­ger, Pe­ter Gar­rett, ge­sels.

Beeld - - Vrydag -

Die te­le­foon­lyn tus­sen my en Pe­ter Gar­rett is so hel­der, dit voel by­na as­of hy langs my sit en klets.

“Toe ons be­sluit het om hier­die wê­reld­toer te doen, was dit am­per van­self­spre­kend dat ons Suid-A­fri­ka sou in­sluit.

“Dit sou een­vou­dig nie sin ge­maak het om hier­die G­re­at Ci­r­cle-toer te doen en jul land uit te sluit nie,” sê hy som­mer pas na­dat ons ken­nis ge­maak het.

Dis nie hul eer­ste be­soek aan Suid-A­fri­ka nie en die vo­ri­ge keer was Mid­nig­ht Oil en Gar­rett spe­si­fiek baie uit­ge­spro­ke oor die po­li­tie­se si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka.

Op die vraag of hy weer met ’n bood­skap kom, ant­woord hy dat hy glad nie be­oog om ty­dens hier­die be­soek be­trok­ke te raak by ons hui­di­ge po­li­tie­ke kli­maat nie.

“Se­dert ek laas by Sun Ci­ty op­ge­tree het, het baie din­ge ver­an­der – Suid-A­fri­ka is nou ’n de­mo­kra­tie­se land en dis goed so.

“Ek gaan nie kom­men­taar le­wer oor die hui­di­ge si­tu­a­sie in jul land nie en ons kom een­vou­dig om mu­siek te maak vir ons aan­han­gers,” sê Gar­rett

Hoe­wel hul­le vir meer as twee de­ka­des tjoep­stil was, het dit nie be­te­ken Gar­rett was nie be­sig nie.

Hy het in­tus­sen die po­li­tiek in Aus­tra­lië be­tree en was die mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke as­ook die pre­si­dent van die Aus­tra­li­an Con­ser­va­ti­on Foun­da­ti­on.

Gar­rett was daar­by ook sy land se ver­teen­woor­di­ger by die wê­reld­or­ga­ni­sa­sie G­reen­pe­a­ce.

“Dit was ’n be­lang­ri­ke fa­se in my le­we waar ek my mu­siek­loop­baan so ’n bie­tjie op­sy moes skuif.

“Nou maak ons weer mu­siek, bloot om­dat dit so ’n lek­ker an­der kant van ons le­we is,” sê hy.

Oor die stand van be­wa­ring in die wê­reld sê Gar­rett elk­een van ons moet be­wus wees hoe be­lang­rik dit is om ons pla­neet op te pas. Daar is so­veel kom­mer­wek­ken­de te­kens om ons en ons kan dit nie ig­no­reer nie.

“As elk­een van ons net ’n bie­tjie meer daar­op in­ge­stel is om die om­ge­wing waar­in ons leef, te be­skerm, is dit al klaar die be­gin van ’n groot ver­skil,” sê hy.

Hy lag by­na ver­leë oor die feit dat hul­le ná al die ja­re steeds wê­reld­be­kend is en so­veel aan­hang ge­niet.

“Ons is bly as men­se ons mu­siek ge­niet. Dit is eint­lik op die ou end al waar­oor dit gaan.

“Men­se wat van­jaar na ons kon­sert toe kom, kan Mid­nig­ht Oil in sy oor­spronk­li­ke rou vorm ver­wag.

“Ons sal ons daar­op toe­spits om ons u­nie­ke klank op die ver­hoog te skep en ho­pe­lik sal ons aan­han­gers nie te­leur­ge­stel word nie.” ■ Mid­nig­ht Oil is op Sa­ter­dag 29 Ju­lie in Mark­s­park in Em­ma­ren­tia, Jo­han­nes­burg, te sien. Kaart­jies kos R745 vir die Gol­den Ci­r­cle en R495 vir ge­wo­ne sit­plek­ke. Kaart­jies kan ge­koop word by bre­a­kout. nu­tic­kets.co.za

Twee ge­luk­ki­ge Beeld-le­sers kan elk twee kaart­jies vir die kon­sert wen.

Lees op bl. 8 wat jy moet doen om die kaart­jies te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.