So­si­a­le me­dia bind én ver­deel

Beeld - - Kommentaar - Lin­die Koorts

Die laas­te paar jaar is daar ’n klein oer­woud se koe­rant­pa­pier af­ge­staan aan be­rig­te en ont­le­dings oor die nu­we, wê­reld­wye op­koms van na­si­o­na­lis­me. Vir som­mi­ge lyk na­si­o­na­lis­me soos iets uit die ou­de doos. Dit was die groot re­de vir die 20ste eeu­se oor­loë, en ve­le het ge­glo dit is ná die Twee­de Wê­reld­oor­log ge­tem­per.

In die plek daar­van is ’n gro­ter, meer ge­ïn­te­greer­de wê­reld­or­de daar­ge­stel, soos ver­vat in in­stel­lings soos die Ver­e­nig­de Na­sies en die Wê­reld­bank. Vir die aan­han­gers van glo­ba­li­se­ring lyk na­si­o­na­lis­me nood­wen­dig be­krom­pe, en dit word met die reg­ter­kant van die po­li­tie­ke spek­trum ge­as­so­si­eer. Die pro­bleem wat só ’n ste­re­o­ti­pe­ring bied, is dat ont­le­ders hul­le dan mis­gis met die krag van na­si­o­na­lis­me.

On­der wat­ter om­stan­dig­he­de kom na­si­o­na­lis­me na vo­re? His­to­rie­se pa­ral­le­le kan ’n ver­dui­de­li­king bied. Die he­den­daag­se wê­reld, wat steeds vas­ge­vang is in die na­draai van die e­ko­no­mie­se in­sin­king van 2008, is mak­lik ver­ge­lyk­baar met die 1930’s. Tóé het die wê­reld ge­buk ge­gaan on­der die ge­vol­ge van die Groot De­pres­sie. In kri­sis­tye, wan­neer hulp­bron­ne skaars is, word men­se mak­lik saam­ge­snoer om hul be­lan­ge teen bui­te­stan­ders te be­skerm, en luis­ter hul­le ewe mak­lik na lei­ers wat op­los­sings be­lo­we. Dit is eg­ter nie so een­vou­dig nie.

Om men­se in die eer­ste plek saam te snoer, moet daar ’n ge­meen­skaps­band be­staan. Hoe ont­staan dit? Die po­li­tie­ke te­o­re­ti­kus Be­ne­dict An­der­son se te­o­rie oor na­si­o­na­lis­me bied deels ’n ant­woord. Na­si­o­na­lis­me het in die 18de eeu ont­staan, met die op­koms van die druk­pers en koe­ran­te. S­kie­lik kon men­se, wie se wê­rel­de voor­heen be­perk was tot hul plaas­li­ke ge­meen­skap, nuus deel met an­der ge­meen­skap­pe. Daar­mee saam is plaas­li­ke ta­le ge­stan­daar­di­seer. Dit het ge­lei tot ’n ge­deel­de er­va­rings­wê­reld en ’n be­wus­wor­ding van soort­ge­ly­ke in­di­vi­due, wat die ba­sis kon vorm van ’n na­si­o­na­le ge­meen­skap. Dit is on­moont­lik om el­ke lid van dié ge­meen­skap per­soon­lik te ken – daar­om is die band wat mens met le­de van die na­si­o­na­le ge­meen­skap voel eer­der denk­beel­dig van aard. Die na­sie is dan ’n “denk­beel­di­ge ge­meen­skap”.

Dié ten­dens, naam­lik dat na­si­o­na­le ge­meen­skap­pe in die eer­ste plek ge­skep word dank­sy die pers, her­leef van­dag op­nuut in die op­koms van so­si­a­le me­dia. Aan­vank­lik was daar ty­dens die Ara­bie­se Len­te groot op­ge­won­den­heid oor die ver­moë om mas­sa­pro­tes met so­si­a­le me­dia te or­ga­ni­seer en só ver­an­de­ring te bring. In Suid-A­fri­ka het #Fees­Mus­tFall met so­si­a­le me­dia vir ’n nu­we wen­ding in die land se sa­me­le­wings­waar­des ge­sorg – die hui­di­ge ras­ge­dre­we re­to­riek maak ge­bruik van dié be­we­ging se suig­stroom. Met B­rex­it en die VSA-ver­kie­sing is groot ge­wag ge­maak van nuus en fop­nuus wat in­di­vi­due vol­gens hul voor­keu­re tei­ken, en daar­toe by­ge­dra het dat men­se in hul so­si­a­le­me­dia-“bor­rels” leef. So­si­a­le me­dia be­staan dus uit aan­lyn ge­meen­skap­pe van een­ders­den­ken­des, met le­de wat me­kaar se waar­des be­ves­tig.

Wat wel an­ders is as die 18de eeu­se be­le­we­nis van die me­dia as ’n ba­sis wat na­sies saam­snoer, is dat die veel­vul­dig­heid van die mo­der­ne me­dia tot veel­vul­di­ge ge­meen­skap­pe in die­self­de grond­ge­bied lei. Dit sien mens dui­de­lik in ver­kie­sings­uit­slae, wat op groot klo­we tus­sen die s­tad en die plat­te­land, en die wer­kers­klas en mid­del­klas dui. Daar is dus ’n in­te­res­san­te teen­stry­dig­heid ter spra­ke: Men­se word op so­si­a­le me­dia op grond van i­den­ti­teit ge­mo­bi­li­seer, wat lei tot die her­le­wing van na­si­o­na­lis­me. Hier­die her­le­wing is eg­ter be­perk tot be­paal­de groe­pe. Die nu­we op­koms van na­si­o­na­lis­me gaan dus ook ge­paard met fel­le ver­deeld­he­de in na­sies. ■ Koorts is ’n his­to­ri­kus aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.