Ou­der­dom van af­tre­de nie ’n ver­val­da­tum

Beeld - - Kommentaar -

Hul­le sê wys­heid kom met die grys­heid, maar na­ma­te ek ou­er word, hoe meer suk­kel ek om te be­gryp hoe­kom e­nig­een móét af­tree. Hoe meer ek daar­oor dink, hoe meer klink dit vir my soos ’n on­ding; ’n stra­te­gie­se be­sluit wat uit­ein­de­lik net tot die dood lei.

My tand­arts stem saam, en as ’n man wat al 73 jaar lank sy krui­wa stoot, be­hoort hý van al­le men­se te weet. Die oom­blik as jy die dag die tuig neer­lê – of dan nou ge­dwing word om op te hou werk om­dat jy die af­tree­ou­der­dom be­reik het – be­ter jy ter wil­le van jou eie sa­lig­heid ge­noeg an­der din­ge ge­reed hê, an­ders loop die pad net af­draand.

As jy ge­luk­kig is en boon­op van ’n goeie pen­si­oen ver­se­ker is, kan jy se­ker ie­wers langs die see gaan af­tree. Maar ’n mens kan se­ker­lik ook net so­veel ke­re die ge­na­de­blou van die wa­ters waar­deer, en selfs dan be­ter jy jou kop reg­kry vir al die ver­drie­ti­ge re­ën­dae en ’n koue (en ver­koue!) wat vir dae lank in jou lyf en kop gaan kom lê.

Laat­slaap is ook nie ’n op­sie, want dit word blyk­baar in mens se ge­na­de­ja­re meer van ’n on­ple­sie­rig­heid as e­nig­iets an­ders. Dis net wan­neer ’n mens nog kin­ders in die huis het, en el­ke week­sog­gend teen ne­ge­uur ie­wers moet in­klok, dat jy die wek­ker ver­wens. Blyk­baar – en ek praat hier son­der my pro­ku­reur se goed­keu­ring – staan af­ge­tre­de­nes in ie­der ge­val al voor die son op.

Ja, ek hoor jou, mens kan se­ker an­der lek­ker din­ge ook doen om jou dae te ver­wyl, maar selfs hier­oor is ek twy­fel­sug­tig. Hoe­veel keer per week kan mens werk­lik­waar vleis­braai of blok­kies­raai­sels vol­tooi voor­dat dit soos tronk­straf be­gin voel? En as jy dan ter wil­le van die see een­saam in ’n uit­hoek op­ein­dig, kan jou kin­ders en klein­kin­ders weens die af­stand­be­per­kings ook net so­veel ke­re per jaar kom kui­er.

Die ken­ners on­der ons het ge­wis 101 re­des oor waar­om dit eint­lik vir ’n land soos SuidA­fri­ka voor­de­lig is dat meer men­se in ver­al die sa­ke­wê­reld af­tree wan­neer hul­le die dag hul­le 60ste drie druk. Die mees­te van ons be­vol­king is jonk en breed­ge­skou­er, en daar is let­ter­lik jong ge­gra­du­eer­des wat by ver­keers­lig­te uit aal­moe­se ’n be­staan maak. Ek be­sef dit.

Ek is eg­ter steeds oor­tuig dat die blo­te be­staan van ’n so­ge­naam­de “af­tree­ou­der­dom” ’n fa­brieks­fout is wat nie net die land vaar­dig­heids­ge­wys ’n bloed­neus gee nie, maar ons eint­lik ook ar­mer van gees maak. Ek sien el­ke dag hoe die af­ge­tre­de­nes in my wê­reld – deur die bank on­be­ken­des wat ek raak­loop – sta­dig maar se­ker weg­kwyn. Hul­le is uit­ge­hon­ger vir ge­sel­skap, en hul ver­rim­pel­de han­de en kop­pe is nog sterk ge­noeg om ie­wers ’n be­te­ke­nis­vol­le by­drae te kon le­wer.

Maar nie­mand wil hul­le hê nie; nie nood­wen­dig oor hul­le nie by die e­wig ver­an­de­ren­de sa­ke­be­hoef­tes kon by­hou nie, maar oor daar ie­wers ’n re­ël ge­skry­we staan dat jy op ’n se­ke­re ou­der­dom van werk kwyt­ge­skeld word. Dit kán mos nie reg wees nie.

‘‘ Ek is steeds oor­tuig die blo­te be­staan van ’n ‘af­tree­ou­der­dom’ is ’n fa­brieks­fout.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.