S­kors Tuk­kies wat vroue só af­ta­kel

Beeld - - Kommentaar -

A­dri­aan Roets, Kru­gers­dorp

Ek ver­wys na die fo­to’s van in­wo­ners van Tuks-mans­kos­hui­se wat walg­plak­ka­te op­ge­hou het by van­dees­week se ser­rie-uit­dun­ne.

Dis vir my frus­tre­rend dat die wit en A­fri­kaan­se ge­meen­skap steeds nie die pro­bleem van sul­ke ge­vaar­li­ke in­sti­tu­si­o­ne­le sek­sis­me raak­sien nie.

Sek­sis­me is net die be­gin van die pro­ble­me wat op die lap­pe ge­kom het by Tuks. Die ge­yk­te ver­sko­nings van “dis net on­skul­di­ge stu­den­te­pret” of “dis deel van kos­huis­tra­di­sies” is steeds deel van die kom­men­taar op el­ke web­werf wat die sto­rie dra.

Op my Fa­ce­book-tyd­lyn sien ek hoe voor­ma­li­ge stu­den­te spog dat hul­le “baie er­ger goed ge­doen het” en “niks is daar­oor ge­sê nie”. Die nor­ma­li­se­ring van vrou­e­af­ta­ke­ling vir die ver­maak van mans het ’n lae punt be­reik en die e­nig­ste op­los­sing is om el­ke stu­dent te s­kors wat Dins­dag­aand ’n plak­kaat vas­ge­hou het.

Bin­ne­kort gaan die mans wat vroue tot sek­su­e­le ob­jek­te ver­min­der het met hul vies­li­ke plak­ka­te dank­sy hul Tuks-gra­de die werk­plek be­tree as hul­le nie ge­skors word nie. Gaan hul hou­ding teen­oor vroue e­nig­sins an­ders wees?

Daar is tal­le stu­dies wat reeds wys dat vroue on­vei­lig voel by die werk. Sek­spes­te word sel­de ver­volg. Met nog ’n groep mans soos dié lyk die toe­koms maar duis­ter vir vroue in die werk­plek.

Dit is vir my ook op­val­lend hoe be­lang­ri­ke ge­sprek­ke, soos #Re­me­berKhwe­zi, nog nie stu­den­te­ruim­tes be­tree het nie. As daar­die mans die sto­rie ge­volg het, sou hul­le dalk twee keer ge­dink het voor­dat hul­le die plak­ka­te ge­maak het.

Ek hoop reg­tig nie Tuks gaan die voor­val on­der die mat in­vee nie.

Dit lei net daar­toe dat u­ni­ver­si­tei­te ’n teel­aar­de word vir dis­kri­mi­ne­ren­de, vrou­e­ha­ten­de ge­drag.

Deur die mans te s­kors, sal Tuks die eer­ste stap doen om te wys dat sul­ke ge­drag nie ge­duld word nie. Dit sal vroue ook in die toe­koms be­skerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.