SA be­hoort aan al­mal wat hier woon

Beeld - - Kommentaar -

Gun­vant Go­vind­jee, Or­mon­de

Ek stem saam met Max du P­reez (16.05) dat A­fri­ka­ner­or­ga­ni­sa­sies ’n pro­ak­tie­we rol moet speel om ver­soe­ning te be­vor­der.

Maar ter­self­der­tyd moet po­li­ti­ci, soos Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes-pre­mier, en al­le Suid-A­fri­ka­ners wys­ge­maak word dat die oor­wel­di­gen­de meer­der­heid SuidA­fri­kaan­se bur­gers die af­stam­me­lin­ge van im­mi­gran­te is. Net die K­hoi-San kan daar­op aan­spraak maak dat hul­le in­heems is.

As ’n Suid-A­fri­ka­ner van In­die­se af­koms is ek be­wus van hoe die Na­si­o­na­le Par­ty in die 1948-ver­kie­sing e­mo­sies op­ge­sweep het met die slag­spreuk: “Die K **** r op sy plek en die K**lie uit die land.”

Ons is soos on­ge­wens­te men­se be­han­del en meer as ’n eeu lank is bur­ger­skap aan In­di­ërs ont­sê. Dit is ’n pyn­li­ke tyd­perk in ons land se ge­skie­de­nis en dit moet nooit her­haal word om ver­wy­de­ring te ver­oor­saak nie – wie ook al die groep in­wo­ners.

Ek ver­werp dus Ma­hu­ma­pe­lo se uit­la­ting dat A­fri­ka­ners te­rug na Eu­ro­pa moet gaan. Die land be­hoort aan al­mal wat hier woon. Die land sal baat vind by we­der­syd­se ver­draag­saam­heid en daad­werk­li­ke po­gings om ver­soe­ning aan te spoor.

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.