ANC moet kans be­nut, SA reg­ruk

Beeld - - Kommentaar -

Ko­bus Ter­blan­che, Mid­del­burg

Po­li­tie­ke kom­men­ta­tors be­skryf ons re­ge­ring as ramp­spoe­dig.

Daar is kon­sen­sus dat dit sleg gaan in Suid-A­fri­ka. Die Co­li­gny-ge­beu­re is ’n aak­li­ge waar­sku­wing van wat moont­lik is. Die ras­se­har­mo­nie van die laat 1990’s het in baie krin­ge ver­damp.

Daar is net een ma­nier om hier­die kruit­vat te fnuik. Ons moet ’n re­ge­ring kry waar­mee al­le Suid-A­fri­ka­ners hul­le kan ver­een­sel­wig, wat ons weer hoop kan gee, wat die hui­di­ge, moe­de­lo­se ver­lam­ming kan om­keer, wat selfs die ras­sis­te on­der ons se kop­pe sal draai. Die vraag is hoe.

Dit is waar­mee op­po­si­sie­par­tye, bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies en stig­tings hul­le be­sig moet hou. Maar bo­wen­al die ANC. Die par­ty kan met die ge­reg­ver­di­ge weer­sin in sy lei­er die kans be­nut om SuidA­fri­ka reg te ruk. Om ver­lo­re aan­sien te her­win. Om SuidA­fri­ka eer­ste te stel. Om Cy­ril Ra­map­ho­sa ’n kans te gee. ’n La­er­trek­ke­ry om N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma gaan die dood in die pot wees. Vir die ANC en die land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.