SA kan ge­hei­me nie be­kos­tig

Hen­nie van Vuur­en wou die a­part­heids­re­ge­ring se e­ko­no­mie­se mis­da­de bloot­lê om on­der meer die mi­te die nek in te slaan dat kor­rup­sie eers on­der ’n swart re­ge­ring kop uit­ge­steek het, skryf Gert van der West­hui­zen.

Beeld - - Middelblad -

Hen­nie van Vuur­en haat ge­hei­me. Ver­al wan­neer men­se pro­beer om die wan­da­de te ver­berg van mag­ti­ge fi­nan­si­ë­le in­stel­lings en re­ge­rings wat hul on­der­da­ne om die bos wil lei.

Hy het ’n groot deel van sy 43 le­wens­ja­re aan die uit­snuf­fel van ge­hei­me be­stee en al mee­ge­werk aan ’n boek oor die om­stre­de wa­pen­skan­daal waar­by die ANC-re­ge­ring be­trok­ke was.

Nou kreun die rak­ke van boek­win­kels on­der sy jong­ste pen­ne­vrug: die meer as 600 blad­sye van A­part­heid Guns and Mo­ney: A Ta­le of Pro­fit, wat nog 50 000 woor­de lan­ger sou ge­wees het as dit nie vir regs­ad­vies was nie.

In dié boek prop­vol in­lig­ting lig hy die slui­er oor die e­ko­no­mie­se mis­da­de wat in die 1970’s en 1980’s ge­pleeg is toe die a­part­heids­re­ge­ring pro­beer het om sank­sies te om­seil en wê­reld­wyd on­wet­tig wa­pens ge­koop het. Dit laat ’n mens ril. Meer as R500 mil­jard (in van­dag se geld­waar­de) is by­voor­beeld tus­sen 1974 en 1994 deur die a­part­heids­re­ge­ring aan wa­pen­aan­ko­pe en die in­sa­me­ling van in­lig­ting be­stee, lees jy. Dit is 600 keer meer as die be­drag wat ter spra­ke was met die op­spraak­wek­ken­de In­lig­tings­kan­daal van die 1970’s.

Kryg­kor het 844 bank­re­ke­nin­ge by 196 ban­ke in min­stens 27 lan­de ge­had om geld oor die wê­reld heen rond te skuif. Hy het on­der meer 76 front­maat­skap­pye in Li­be­rië ge­had en 30 in Pa­na­ma.

Al­te­sa­me 47 lan­de het met die a­part­heids­re­ge­ring saam­ge­werk om sank­sies te om­seil. Dit sluit die VSA, B­rit­tan­je, Frank­ryk en Duits­land in. Die ont­stel­lend­ste is eg­ter dat a­part­heid se “vy­an­de”, soos Rus­land, C­hi­na en an­der kom­mu­nis­tie­se sta­te, on­der dié lan­de tel.

Om al­les te kroon, was som­mi­ge van die des­tyd­se rol­spe­lers wéér be­trok­ke by die wa­pen­skan­daal ná a­part­heid wat die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tiek vol­gens Van Vuur­en “ver­gif­tig” het.

“Men­se dink dik­wels ons ge­skie­de­nis is re­de­lik een­vou­dig – daar was net sleg­te ou­ens en goeie ou­ens. Maar dit is baie mor­si­ger as dit,” sê hy.

Ons praat En­gels, want hy is “een van daar­die Van Vuur­ens wat meer En­gels as A­fri­kaans praat”.

Hy het ná 18 jaar in K­lerks­dorp sy tan­de as ak­ti­vis ge­slyp as stu­dent in po­li­tie­ke we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand. Hy het la­ter on­der meer by Trans­pa­ren­cy In­ter­na­ti­o­nal en die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid­stu­dies ge­werk.

Ons sit in die raad­saal van Ja­ca­na, Van Vuur­en se uit­ge­wer in Auck­land Park, Jo­han­nes­burg, wat hom daar­op roem dat hy pu­bli­seer wat hy wil. Twee van die raad­saal se mu­re word be­slaan deur rak­ke vol boe­ke wat ge­tuig van die “mor­si­ge ge­skie­de­nis” waar­oor ons Suid-A­fri­ka­ners nog el­ke dag stry en wat met al­ler­han­de mi­tes deur­spek is.

Een van dié mi­tes, sê Van Vuur­en, is dat die a­part­heids­re­ge­ring “skoon” was en dat kor­rup­sie eers in die de­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka on­der ’n swart re­ge­ring kop uit­ge­steek het. “Dit is ’n leu­en.” Van Vuur­en stel dié feit son­der om op­ge­won­de te raak. Hy is dui­de­lik gees­drif­tig oor wat hy doen en skryf, maar hy pro­beer nie sy bood­skap met ’n groot ge­raas tuis­bring nie. Dit is eer­der ’n be­re­de­neer­de gees­drif, nes sy boek met meer as 80 blad­sye se voet­no­te.

Mak­lik om te skryf was dit nie. Van Vuur­en en ’n span na­vor­sers het im­mers gaan delf in ’n era toe ab­so­lu­te ge­heim­hou­ding een van die staat se hoek­ste­ne was. Ge­hei­me is met wet­te be­skerm en die me­dia is ge­muil­band as hy hom­self nie ge­sen­sor het nie.

Van Vuur­en skryf juis dat ’n me­dia-in­stel­ling soos Nas­pers des­tyds geld aan die Na­si­o­na­le Par­ty (NP) ge­skenk het en on­der­da­nig aan die re­ge­ring was. Daar­by is 44 ton se do­ku­men­te glo net deur die Na­si­o­na­le In­tel­li­gen­sie­diens ver­nie­tig toe die doods­klok vir a­part­heid be­gin lui het. Boon­op is die nu­we re­ge­ring nie al­tyd te ge­neë om die soek­lig op die ver­le­de te laat skyn nie.

“Maar ’n mens kan al­tyd in­lig­ting op­spoor as jy wil, al is dit net ’n flen­ter­tjie hier en ’n flen­ter­tjie daar.”

Die na­vor­sing vir A­part­heid Guns and Mo­ney het vier jaar ge­duur. Meer as 20 ar­gie­we in agt lan­de is be­soek en on­der­hou­de is met meer as 100 men­se ge­voer.

Van Vuur­en en sy na­vor­sing­span het hulp ge­had van nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies en regs­ge­leer­des wat hul diens­te gra­tis be­skik­baar ge­stel het wan­neer staats­de­par­te­men­te nie ge­wil­lig was om hul ar­gie­we oop te stel nie. A­part­heid Guns and Mo­ney was ’n span­po­ging, daar­om praat Van Vuur­en deu­ren­tyd van “ons” en nie “ek” nie.

“Ons het die hui­se be­soek van som­mi­ge van die mi­nis­ters (uit die a­part­heids­e­ra). Dit lyk nie of daar spra­ke was van self­ver­ry­king en on­ge­loof­li­ke ryk­dom nie. Maar die he­le stel­sel was ’n si­nie­se en mis­da­di­ge een,” sê Van Vuur­en oor wat hy die “wa­pen­geld­maak­ma­sjien” noem.

“’n Mens kan maar net kyk na die net­wer­ke van geld­was­se­ry wat so ken­mer­kend was van die ma­nier waar­op die staat te werk ge­gaan het.

“Ons het pro­beer om die net­wer­ke van des­tyds te ver­dui­de­lik: die ver­hou­ding tus­sen die in­lig­tings­diens­te, wa­pen­ver­vaar­di­gers, die mid­del­man­ne, die po­li­ti­ci, die po­li­tie­ke par­tye én die vloei van geld tus­sen hul­le.”

Dié geld was dik­wels om­koop­geld. Daar­om le­wer A­part­heid Guns and Mo­ney meer as sy kwo­ta on­gu­re ka­rak­ters op – waar­van som­mi­ge al ver­moor is in die ge­vaar­li­ke om­ge­wing waar­in hul­le be­dry­wig was.

Daar word ook ge­kyk na drie van die ter­gend­ste ge­hei­me in Suid-A­fri­ka se po­li­tie­ke ge­skie­de­nis: die moord op Dul­cie Sep­tem­ber, die ANC se ver­teen­woor­di­ger in Parys, Frank­ryk, die grumoor­de op die NP se ver­kie­sings­kan­di­daat Ro­bert S­mit en sy vrou, Je­an­ne-Co­ra, as­ook die Hel­der­berg-vlie­gramp wat die le­we van 159 men­se ge­ëis het.

“Ons het dit nie ge­doen om­dat ons ’n sen­sa­si­o­ne­le boek wou skryf nie. Ons kon nie be­paal wie hul­le ver­moor het en pre­sies waar­om dit ge­doen is nie en ons wou nie on­ge­loof­waar­di­ge ge­volg­trek­kings maak nie. Ons kon net staat­maak op die in­lig­ting waar­toe ons toe­gang ge­had het. Ons wou net op­nuut vrae daar­oor vra om te kyk hoe dit op ver­skil­len­de ma­nie­re ver­bind kan word.”

Vrae soos of Sep­tem­ber ver­moor is om­dat sy on­wet­ti­ge wa­pen­tran­sak­sies on­der­soek het waar­by ’n maat­skap­py be­trok­ke was wat ook veel la­ter in ’n an­der ge­daan­te in die nu­we SuidA­fri­ka op­ge­duik het in be­skul­di­gings van be­drog teen pres. Ja­cob Zu­ma . . .

Het S­mit se rol as sank­sie­om­sei­ler dalk iets met die moord op hom en sy vrou te doen ge­had? Het die Hel­der­berg aan die brand ge­raak om­dat ont­vlam­ba­re vuur­pyl­brand­stof of an­der wa­pens on­wet­tig in sy vrag­ruim ver­voer is?

“Ons sa­me­le­wing moet weet wie die snel­ler ge­trek het, maar dalk is dit net so be­lang­rik om te weet waar­om ’n dap­per ak­ti­vis soos Sep­tem­ber ver­moor is en wie voor­deel uit haar dood ge­trek het.”

Van Vuur­en glo men­se en in­stel­lings moet ver­ant­woor­ding doen vir die wan­da­de en die e­ko­no­mie­se mis­da­de van die ver­le­de. Die om­sei­ling van sank­sies kan nie lan­ger bloot as a­von­tuur­lus­tig af­ge­maak word nie.

“Dit het die oor­log in Na­mi­bië en An­go­la uit­ge­rek en nu­we le­we in die a­part­heids­be­stel ge­blaas. Die men­se van Suid-A­fri­ka en Sui­der-A­fri­ka het daar­on­der ge­ly. Men­se is dood.

“Ie­mand wat des­tyds in die in­lig­ting­sek­tor was, het aan my ge­sê hul­le het ge­glo die oor­log word uit­ge­rek om­dat daar net te veel geld was om daar­uit te maak.”

O­pen Se­crets, die or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag waar­van Van Vuur­en die di­rek­teur is, is juis be­sig met stap­pe om die K­re­diet­bank in Bel­gië te ver­volg. Hy glo dat tot 70% van die R500 mil­jard waar­mee wa­pens en in­lig­ting ge­koop is, deur dié in­stel­ling han­teer is. Re­ge­rings van an­der lan­de be­hoort ook aan­ge­moe­dig te word om op te tree teen ban­ke en maat­skap­pye wat uit a­part­heid se ver­driet munt ge­slaan het. Dit gaan nie net daar­oor om die boos­doe­ners aan die kaak te stel nie, ver­dui­de­lik Van Vuur­en. Ge­hei­me uit die a­part­heids­dae moet om ver­skeie re­des bloot­ge­lê word. Dit sal Suid-A­fri­ka­ners help om nie die fou­te van die ver­le­de te her­haal nie. Dit sal hul­le ook oor die ver­le­de laat be­sin.

“Dit kan nie goed vir die land wees as ons ge­du­rig al­les on­der die mat in­vee nie. Ons moet die sto­ries ver­tel so­dat ons ons ver­le­de en ons he­de kan ver­staan. Ver­al wit Suid-A­fri­ka­ners het nog nie hul ver­le­de, hul aan­da­dig­heid aan die stel­sel van a­part­heid, be­hoor­lik ge­kon­fron­teer nie. Ons moet ver­staan wat die aard van daar­die aan­da­dig­heid is.

“Baie men­se vra van­dag waar­om so min men­se uit­praat oor kor­rup­sie of die mis­bruik van mag. Maar dan kyk jy na a­part­heid toe mil­joe­ne men­se dood­te­vre­de was om stil te bly ter­wyl mis­da­de ge­pleeg is.

“Ons na­sie stel dik­wels net be­lang in wat op die oom­blik aan die gang is. Dit is am­per soos om ’n vuur­vlie­gie in die don­ker te jaag. Al wat ons kan sien, is hier­die klein lig­gie, maar dit lei jou nê­rens heen nie.

“Daar is ’n baie gro­ter prent­jie om te sien. Ons moet die soek­lig­te laat skyn op wat reg­tig om ons aan die gang is . . . men­se met mag wat hul po­si­sies mis­bruik om geld te maak en na hul eie be­lan­ge om te sien son­der om aan ge­wo­ne men­se te dink.”

A­part­heid Guns and Mo­ney is be­slis nie ’n vuur­vlie­gie nie. Daar­voor is die lig wat dit in die oë van baie sal skyn heel­te­mal te ver­blin­dend.

Die sleg­te nuus vir hul­le is dat Van Vuur­en dit nie gou gaan uit­doof nie.

“Daar is nog baie werk om te doen in dié land.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Hen­nie van Vuur­en glo Suid­A­fri­ka­ners moet hul ver­le­de kon­fron­teer en daar­oor be­sin ter wil­le van ’n be­ter toe­koms.

Gert van der West­hui­zen is ’n joer­na­lis van Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.