Sink­gat gaan ver­keer nog lank ont­wrig

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za en Mal­her­be Nie­na­ber

’n E­nor­me sink­gat in Je­an­laan in Cen­tu­ri­on kan vol­gens in­ge­ni­eurs die ver­keer nog maan­de lank ont­wrig.

’n Groep in­ge­ni­eurs en amp­te­na­re van die Tshwa­ne­mu­ni­si­pa­li­teit het gis­ter­og­gend die sink­gat op die hoek van Je­an­laan en Ger­hard­straat ge­ïn­spek­teer.

Die o­pe­ning van die sink­gat op die pad­op­per­vlak is klein, maar die gat daar­on­der is vol­gens Pe­ter Sut­ton, ’n lid van die me­tro­raad, “mas­sief” en hou ’n be­drei­ging vir pad­vei­lig­heid in.

Die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie het mo­to­ris­te ge­waar­sku dat die pad by Ger­hard­straat heel­te­mal ge­sluit is en ge­sê mo­to­ris­te moet Je­an­laan heel­te­mal ver­my.

Lin­de­la Mashi­go, woord­voer­der van die Tshwa­ne-me­tro, was nie vir kom­men­taar be­skik­baar nie.

’n Sink­gat is Woens­dag­mid­dag laat deur pad­wer­kers op die hoek van Je­an­laan en Ger­hard­straat in Cen­tu­ri­on ge­vind.

ISABELLA MAAKE, Gra­fi­ka24

’n Sink­gat in Cen­tu­ri­on is Woens­dag­aand deur kon­trak­teurs ont­dek

Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Amp­te­na­re van die Tshwa­ne­mu­ni­si­pa­li­teit on­der­soek die sink­gat in Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.