Raad dalk JB Marks her­doop

In­wo­ners het laas­te kans om sê te sê

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom-Ven­ters­dorp kan eers­daags Oom­pie Mashi heet. Of Jo­sie M­pa­ma. Tlok­we en J.B. Marks is ook op die kort­lys van na­me vir die nuut saam­ge­stel­de mu­ni­si­pa­li­teit.

Wil­lie Map­ho­sa, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, sê in­wo­ners het nou ’n laas­te kans om kom­men­taar op dié voor­stel­le te le­wer of an­der na­me voor te stel.

J.B. Marks is tot dus­ver die ge­wild­ste voor­stel.

Marks, wat in Ven­ters­dorp ge­bo­re is, en M­pa­ma, ’n boor­ling van Pot­chef­stroom, was al­bei vry­heids­veg­ters in die a­part­heids­ja­re.

Mashi, ook ’n boor­ling van Ven­ters­dorp, was bur­ge­mees­ter van die dorp toe hy in 1999 ver­moor is.

Tlok­we is die naam van die mu­ni­si­pa­li­teit wat die Pot­chef­stroom-ge­bied be­dien het voor­dat dié s­tad en Ven­ters­dorp se mu­ni­si­pa­li­tei­te in Au­gus­tus 2016 saam­ge­voeg is.

Daar was he­wi­ge teen­kan­ting teen die sa­me­voe­ging om­dat daar ge­glo is dit is po­li­ties ge­mo­ti­veer om te keer dat die DA Pot­chef­stroom in 2016 se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing oor­neem. V­re­se be­staan ook dat die ban­krot Ven­ters­dorp Pot­chef­stroom se geld­kof­fers gaan leeg­maak.

In­wo­ners van Ven­ters­dorp en Pot­chef­stroom het nou tot Dins­dag 23 Mei ’n laas­te kans om hul stem te laat hoor oor ’n naam.

In die vo­ri­ge naam­geer­on­de, wat ein­de Fe­bru­a­rie ver­stryk het, is so­wat 840 voor­stel­le ont­vang, on­der meer Ven­ter­potch, Mooi­ri­vier en Mooi­no­ka (“noka” is Tswa­na vir “ri­vier”).

Vol­gens Map­ho­sa het die mu­ni­si­pa­li­teit se por­te­feul­je­ko­mi­tee vir die naam­pro­ses op ’n ver­ga­de­ring ver­le­de Vry­dag be­sluit om in­wo­ners nog ’n laas­te kans te gee om naam­voor­stel­le te doen.

O­pen­ba­re ver­ga­de­rings oor die nu­we naam word ook op 23 Mei, wan­neer voor­stel­le sluit, in on­der­skei­de­lik die Ma­di­ba-ban­ket­saal in Pot­chef­stroom en die mu­ni­si­pa­le la­pa in Ven­ters­dorp ge­hou.

“Die naam­ko­mi­tee sal daar­na ver­ga­der en die laas­te voor­stel­le oor­weeg voor­dat hy ’n laas­te ver­slag aan die raad sal voor­lê,” sê Map­ho­sa.

Die pu­bliek sal 14 dae kry om kom­men­taar te le­wer op die naam wat die raad aan­vaar.

■ In­wo­ners kan hul voor­stel­le in hou­ers by plaas­li­ke mu­ni­si­pa­le kan­to­re plaas of e-pos na ne­w­na­menw405@tlok­we.gov.za s­tuur. Men­se met uit­da­gings, soos on­ge­let­terd­heid of blind­heid, kan Je­a­net­te Ts­hi­te in werk­tyd by 018 299 5412 bel.

Fo­to: MATSHIDISO LEGWALE

’n Reu­se­stand­beeld van J.B. Marks in Ven­ters­dorp. Die saam­ge­smel­te mu­ni­si­pa­li­teit wat Pot­chef­stroom en Ven­ters­dorp be­dien, gaan moont­lik na dié vry­heids­veg­ter ge­noem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.