Van Co­ke Kar­tel groet, an­der ho­ri­son­ne wink

Toer om de­ka­de af te sluit

Beeld - - Kuns & Ver­maak - AJ Op­per­man

Van Co­ke Kar­tel se paaie skei ná tien jaar om­dat die groep glo hy het be­reik wat hy wou.

Hul­le het ver­der be­sluit om dié de­ka­de, waar­in hul­le vyf al­bums uit­ge­reik het, met ’n toer af te sluit.

“Ons het des­tyds met Van Co­ke Kar­tel be­gin om­dat ek en Fran­cois [van Co­ke] steeds wou aan­hou om har­de, A­fri­kaan­se rock­mu­siek te maak,” sê Wyn­and My­burgh, een van die le­de saam met Jedd Kos­sew, Ja­son Oost­hui­zen en Van Co­ke.

“On­mid­del­lik het ek en hy be­gin om saam te kom en son­gs te skryf. Ein­de 2007 is ons eer­ste al­bum ge­launch en dit was toe pret­ty much ons hoof­fo­kus. Ons het al­les daar­in ge­sit. Dit was ons vol­tyd­se werk.”

Daar is niks ne­ga­tiefs aan die ein­de van Van Co­ke Kar­tel nie. An­der ho­ri­son­ne wink, maar voor dan wil hul­le goed af­sluit.

“Mu­siek hou steeds aan. Dis eint­lik maar net ’n de­ka­de se hoof­stuk wat ein­dig. As ons nou weer na har­de rock kyk, gaan ons e­ner­gie meer na Fo­kof­po­li­sie­kar wat la­ter van­jaar ’n nu­we al­bum uit­reik. Uit ’n be­stuurs­oog­punt is daar nie eint­lik tyd vir Van Co­ke Kar­tel nie.”

My­burgh het met­ter­tyd ook meer by die be­stuur van mu­siek­groe­pe be­trok­ke ge­raak en Van Co­ke se so­lo-al­bum, Fran­cois van Co­ke, is in 2015 uit­ge­reik.

Van Co­ke Kar­tel was dus meer op die ag­ter­grond. “Ek het meer tyd voor die re­ke­naar deur­ge­bring as om op die pad te wees. Dit het maar net kind of ge­beur. T­wee­dens, ons het ge­voel ons het ’n cei­ling be­reik. Ons het al­les in­ge­sit en groot suk­ses ge­had in die tien jaar se be­staan. Daar was on­der meer toe­re na Eu­ro­pa, maar ek dink ons fo­kus het net ge­skuif. Kom ons try an­der goed doen. Ons het nie reg­tig op­ge­hou om VCK te doen nie. Ons het maar net op­hou toe­re re­ël. Nou het dit maar net ge­beur dat ons meer as ’n jaar ge­le­de ’n show ge­speel het.”

Daar was ook ’n gro­ter aan­vraag na Van Co­ke as so­lo­kuns­te­naar. “Ek en Fran­cois het eint­lik aan die be­gin van die jaar in ’n ver­ga­de­ring ge­sit waar ons toe be­sef het dat ons eint­lik nie weer ’n al­bum in hier­die soort styl sou skryf nie. En as ons nu­we mu­siek uit­reik, gaan dit reg­tig koud be­gin raak.”

Ge­du­ren­de die af­slui­tings­toer sluit Oost­hui­zen, wat die lang­ste in die groep trom ge­speel het, hom weer by hul­le aan.

Die weg­spring vir VCK was sterk, want daar was reeds aan­han­gers wat wou luis­ter. “Ons het wel an­der uit­da­gings ge­had,” sê My­burgh. “In die bands van­te­vo­re was nie ek óf Fran­cois die hoof­lied­jie­skry­wers nie. Met an­der woor­de, ons het nou die groot ver­ant­woor­de­lik­heid van self die son­gs skryf. Dit kon ge­back­fi­re het. Ons moes ons self be­wys. Ek dink dit het ’n groot rol ge­speel in waar Fran­cois nou is. As jy dink aan iets soos ‘Toe vind ek jou’ [wat hy saam met Ka­ren Zoid ge­skryf en ge­sing het], wat ’n me­ga­suk­ses was. Dit was nie e­a­sy nie. Dit was ner­ve-racking. Ons moes dae en nag­te in­sit aan die skryf­pro­ses.”

Die groep se laas­te al­bum, Bloed, sweet en tra­ne, is in 2014 uit­ge­reik. In 2015 het ’n kort­spe­ler, E­ner­gie, met co­vers ver­skyn.

“Hier­die is nie ’n hart­seer ein­de nie. Kom ons ein­dig met ’n bang en dan kan ons vo­ren­toe be­weeg.”

Fo­to: CRAIG KO­LE­SKY

Van Co­ke Kar­tel gaan in Ju­lie op ’n af­slui­tings­toer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.