Lou­rens vang broos­heid van oor­gan­ge in land­skap­pe vas

Beeld - - Kuns & Vermaak - Johan My­burg

Dit is met die broos­heid van oor­gang, daar­die drum­pel waar­na dik­wels ver­wys word as li­mi­na­li­teit, waar­mee MJ Lou­rens wye land­skap­pe, die land­skap­pe van sy jeug, in sy jong­ste uit­stal­ling in Jo­han­nes­burg, In Si­tu, be­trag.

Aan die een kant kan die ti­tel voor die hand lig­gend dui op die ma­nier waar­op hy sy Ho­ë­veld-her­in­ne­rin­ge in si­tu in­bed in ’n om­ge­wing be­kend vir sy sta­pel­wol­ke.

Maar aan die an­der kant ak­ti­veer hy met dié ti­tel ver­de­re be­te­ke­nis­se wat die uit­stal­ling baai in ’n an­der lig: dié van ’n dub­bel­sin­nig­heid, on­der meer ge­se­tel in pa­no­ra­mie­se, ge­ro­man­ti­seer­de tin­te en daar­mee saam mi­nus­ku­le ne­on-e­le­men­te in geel­groen, fel­rooi en kad­mi­um­blou.

So be­werk­stel­lig Lou­rens in si­tu span­ning: in land­skap­pe wat te­ge­lyk stadskap­pe is; in land­skap­pe wat on­ge­rep voor­kom, maar die let­sels van be­we­ging (eer­der as voor­uit­gang) dra; en in skil­de­rye wat for­meel-re­a­lis­ties voor­kom om by na­der on­der­soek op te los in los­ser kwas­werk en vry­er om­gang met verf, en selfs in ab­strak­te vorms.

Weers­kan­te van die oom­blik wat Lou­rens ver­ge­stalt – daar­die oom­blik net voor­dat die lug ver­an­der, net voor­dat die s­tad sig­baar­der word, of in don­ker­te weg­sink – lê die aan­loop tot én die af­loop ná in die ky­ker se gees­tes­oog.

Die oom­blik van oor­gang wat hy in a­kriel op bord vas­lê, is in­der­waar­heid ’n ge­stol­de skoot uit ’n se­kwens, soos in Last View, ’n pa­no­ra­ma van 50 x 180 cm.

Be­ne­wens dié na­tuur­li­ke oor­gang van dag na nag of nag na dag (Lou­rens is dub­bel­sin­nig in sy han­te­ring van be­we­ging vo­ren­toe of ag­ter­toe) ver­ruim Lou­rens die Suid-A­fri­kaan­se land­skap­tra­di­sie met sy uit­beel­ding van die oor­gang van ’n a­gra­rie­se be­staan na ’n in­dus­tri­ë­le be­staan, ’n be­staan waar­in die land­skap ly as ge­volg van uit­gra­wings, myn­ho­pe, ge­boue on­na­tuur­lik hoe­kig soos ku­bus­se of tra­pe­si­ums, hei­nings, be­ton­mu­re en leë ad­ver­ten­sie­bor­de.

In to­ne­le wat net so min aan­dui­ding van mens­fi­gu­re het as dié van by­voor­beeld Pier­neef, is die spo­re van die mens on­uit­wis­baar daar in sy werk. In die teen­woor­dig­heid van mens­li­ke ver­nuf, van e­lek­tri­si­teit en ma­sji­ne­rie, van han­del en ny­wer­heid, het die im­ma­nen­sie van God in die land­skap, soos wat Pier­neef dit ver­beeld het, ver­dwyn.

Kon­nek­sie met God is ge­re­du­seer tot ’n kerk (In Si­tu Sun­day) wat moet mee­ding met kan­toor­blok­ke. Krag lyk as­of dit tot ’n ein­de kom in dra­de wat ein­dig by ’n en­ke­le paal ag­ter ’n be­ton­muur, met die arm van ’n slo­pings­ma­sjien net-net sig­baar?

Bood­skap­pe van die su­blie­me het o­ën­skyn­lik op­ge­hou. Ad­ver­ten­sie­bor­de is ad in­fi­ni­tum ge­stroop (Ads In­fi­ni­tum X en XX) en son­der be­lof­te.

In Si­tu is ’n uit­stal­ling waar Lou­rens hom­self be­wys as ’n mees­ter van oor­gan­ge, van die ske­mer­uur, van die on­sta­bi­li­teit wat op­ge­sluit is in dié tyd van die dag. Daar­die oom­blik wan­neer die lug op sy la­biel­ste is; wan­neer die pienk of am­ber in ’n oog­wink kan wyk met dag­breek of as die nag be­gin aan­breek.

Maar dit is ook ’n uit­stal­ling waar­in Lou­rens aan­dui­ding gee van ’n oor­gang in sy loop­baan as land­skap­skil­der. Hy gee glim­pe daar­van soos in Nig­ht S­hif­ting. Dit dra daar­toe by dat ’n mens die be­we­ging, én voor­uit­gang, in sy werk wil dop­hou. ■ Tot 27 Mei.

MJ Lou­rens, Last View, 2017, a­kriel op bord (50 x 180 cm).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.