Yen­de se suk­ses met Sa­ma ver­eer

Beeld - - Kuns & Ver­maak - El­re­tha B­ritz

Pret­ty Yen­de, die Suid-A­fri­kaan­se o­pe­ra­ster wat dees­dae ’n be­ken­de op bui­te­land­se ver­hoë is, is van­jaar die ont­van­ger van die Sa­ma vir in­ter­na­si­o­na­le pres­ta­sie.

Dié ko­lo­ra­tuur­so­praan, wat in Piet Re­tief groot­ge­word en eers op 16-ja­ri­ge ou­der­dom van o­pe­ra te ho­re ge­kom het, het al ge­ho­re in die Me­tro­po­li­tan-o­pe­ra­huis in New York, die Pa­ry­se Bas­til­le­o­pe­ra­huis, La S­ca­la in Mi­laan, Co­vent Gar­den in Lon­den en tal­le an­der be­lang­ri­ke o­pe­ra­hui­se in Eu­ro­pa oor­rom­pel.

Na­dat sy haar stu­die aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad se o­pe­ra­s­kool vol­tooi het, is sy in die pres­ti­ge­ry­ke pro­gram vir jong kuns­te­naars in La S­ca­la op­ge­neem. Kort daar­na het sy hoof­rol­le in Eu­ro­pa en New York be­gin sing

Haar bui­ging in die Met was as plaas­ver­van­ger vir ’n so­praan wat siek ge­word het. Sy het net ’n maand ge­had om voor te be­rei vir die rol van die gra­vin A­dè­le in Ros­si­ni se Le com­te Ory in Ja­nu­a­rie 2013. Die te­noor was die ge­vier­de Ju­an Die­go Fló­rez.

Met haar twee­de ver­sky­ning in die Met was sy weer ’n plaas­ver­van­ger. Dié keer het sy net drie ure ge­had om die re­gie baas te raak vir I pu­ri­ta­ni van Bel­li­ni waar­in sy die Duit­se ster Di­a­na Dam­rau ver­vang het.

Dit was be­gin van­jaar, waar­na sy ook Ro­si­na in Die bar­bier van Se­vil­la van Ros­si­ni en die hoof­rol in Roméo et Ju­liet­te van Gou­nod ge­sing het.

Ter­wyl sy in New York was, het sy op te­le­vi­sie ver­skyn in The La­te Show with S­te­phen Col­bert en The Wen­dy Wil­li­ams Show. Sy is ook op­ge­raap vir die bui­te­blad van die in­vloed­ry­ke tyd­skrif O­pe­ra en vir Vo­gue.

Yen­de het in 2009 ver­mag wat geen an­der san­ger kon nie – sy het al die ka­te­go­rieë in die In­ter­na­si­o­na­le Hans Ga­bor Bel­ve­de­re-sang­kom­pe­ti­sie ge­wen. Dit het sy op­ge­volg met ’n eer­ste prys in die O­pe­ra­lia-kom­pe­ti­sie in 2011.

In 2010, die jaar wat sy as jong so­praan in die La S­ca­la-pro­gram be­gin het, het sy ook die Ley­la Gen­cer-stem- en Con­cours In­ter­na­ti­o­nal de Bel­can­to Vin­cen­zo Bel­li­ni-kom­pe­ti­sie ge­wen.

Yen­de be­skou haar eer­ste CD, A Jour­ney, as een van die hoog­te­pun­te in haar loop­baan.

■ Die Sa­ma 23­toe­ken­nings is op 27 Mei en word van 20:00 reg­streeks op SA­BC1 uit­ge­saai.

Fo­to: ME­TRO­PO­LI­TAN

Pret­ty Yen­de vroeg van­jaar in Bel­li­ni se I pu­ri­ta­ni in die Me­tro­po­li­tan­o­pe­ra­huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.