Skerp groei in mo­tor­han­del, al ont­trek Ge­ne­ral Mo­tors

Beeld - - Beeld Sake -

Op die­self­de dag wat Ge­ne­ral Mo­tors aan­ge­kon­dig het hy ont­trek hom aan Suid­A­fri­ka, is ver­ras­send ge­son­de sy­fers vir die mo­tor­han­del uit­ge­reik. Vol­gens S­ta­tis­tie­ke SuidA­fri­ka (SSA) het ver­ko­pe in dié sek­tor in Maart met 10,1% ge­groei ver­ge­le­ke met ’n jaar ge­le­de. Dit is die sterk­ste groei se­dert Ju­lie 2013.

Die groei is in hui­di­ge rand­waar­de, wat dus prys­sty­gings in­sluit.

SSA meet nie net die ver­ko­pe van mo­tors nie, dit meet ses fa­set­te van die mo­tor­han­del.

Ver­ko­pe van nu­we mo­tors het vir slegs die twee­de keer in ses maan­de po­si­tief ge­groei en wel met ’n ste­wi­ge 12,1%. Die ver­ko­pe van ge­bruik­te mo­tors het ook met ’n ste­wi­ge 7,4% toe­ge­neem. In­kom­ste by werk­win­kels het met 3,6% ge­styg.

Ver­ko­pe van mo­tor­by­kom­stig­he­de het met 9,2% ge­styg. Brand­stof­ver­ko­pe het met 14,3% ge­styg, wat hoof­saak­lik weer­spie­ël dat pe­trol in Maart na­ge­noeg R1,80 per li­ter duur­der was as ’n jaar ge­le­de en die­sel R2 duur­der.

In­kom­ste uit ge­riefs­win­kels by vul­sta­sies het in Maart met 0,3% ge­daal ver­ge­le­ke met ’n jaar ge­le­de.

In die eer­ste kwar­taal het ver­ko­pe in die mo­tor­han­del met 2,6% ge­styg ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge drie maan­de. Dit is nie be­son­der sterk groei nie, ver­al ge­ge­we dat dit nog nie in­fla­sie ver­re­ken nie.

Die mo­tor­han­del is nou al drie jaar lank in die nood. Die sek­tor het in 2012 met 11,2% ge­groei en in 2013 met 8,2%. Daar­na het dit skerp ge­taan tot 3,4% in 2014, ­0,2% in 2015 en 1,7% in 2016. Die sek­tor is baie sen­si­tief vir die al­ge­he­le e­ko­no­mie. – Han­lie S­tad­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.