In­ves­tec vaar be­ter as wat ver­wag is

Beeld - - Sake Nuus - Niel Jou­bert

In­ves­tec het vir die eer­ste keer in sy be­staan meer as £2 mil­jard aan be­dryfs­in­kom­ste in ’n boek­jaar ver­dien.

Die maat­skap­py se ver­dien­ste vir die boek­jaar het ook ont­le­ders se ver­wag­tin­ge oor­tref.

Vir die boek­jaar tot ein­de Maart 2017 het In­ves­tec se be­dryfs­in­kom­ste met 18,1% tot £2,29 mil­jard ge­styg.

Die maat­skap­py se wins het met 15,1% ge­styg tot £487,15 mil­joen.

Aan­ge­pas­te ver­dien­ste per aan­deel het met 11% tot £0,541 ge­styg.

Dit is meer as die £0,459 per aan­deel wat agt ont­le­ders in ’n Bloom­berg-pei­ling ver­wag het.

S­te­phen Koseff, uit­voe­ren­de hoof van In­ves­tec, sê vir die eer­ste keer in die maat­skap­py se be­staan het sy in­kom­ste die £2 mil­jard-kerf be­reik.

Dit dui vol­gens hom op die sterk­te en veer­krag­tig­heid van die on­der­ne­ming te mid­de van e­ko­no­mie­se on­se­ker­heid in In­ves­tec se twee be­lang­rik­ste mark­te, Suid-A­fri­ka en B­rit­tan­je.

“Ons kli­ën­te­fo­kus, veel­vul­di­ge in­kom­ste­stro­me en lang­ter­myn­be­leg­ging­stra­te­gie gee ons ver­troue vir die toe­koms,” sê Koseff.

In­ves­tec fo­kus op drie ge­bie­de, naam­lik ba­te­be­stuur, wel­vaart­be­stuur en be­leg­gings en spe­si­a­lis­bank­diens­te. Sy ba­te­be­stuurs­af­de­ling se be­dryfs­wins het met 22,3% tot £164,8 mil­joen ge­styg.

Dit is groot­liks van­weë ’n ho­ër ge­mid­del­de vo­lu­me van ba­tes on­der be­stuur, wat van £75,7 mil­jard aan die ein­de van Maart 2016 tot £95,3 mil­jard toe­ge­neem het.

In­ves­tec se wel­vaart­be­stuur­en be­leg­gings­af­de­ling se be­dryfs­wins het met 8,8% ge­styg tot £93,2 mil­joen. Die spe­si­a­lis­bank se be­dryfs­wins het met 11% tot £454,4 mil­joen ge­styg.

’n Di­vi­dend van £0,13 per aan­deel is ver­klaar, wat die di­vi­dend vir die vol­le jaar op £0,23 te staan bring, 9,5% ho­ër as ’n jaar ge­le­de.

Die maat­skap­py is op die JSE en op die Lon­den­se aan­de­le­beurs ge­no­teer.

Teen 11:35 was In­ves­tec se aan­deel­prys op die JSE 2,57% ho­ër op R106 per aan­deel.

Ons kli­ën­te­fo­kus, veel­vul­di­ge in­kom­ste­stro­me en lang­ter­myn­be­leg­ging­stra­te­gie gee ons ver­troue vir die toe­koms. — S­TE­PHEN KOSEFF, UIT­VOE­REN­DE HOOF VAN IN­VES­TEC

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.