Ruim Nort­hcliff­hui­se te kry

Ver­huur ook 3 woon­stel­le vir in­kom­ste

Beeld - - Veilings -

Twee groot hui­se met ver­huur­ba­re woon­stel­le op ta­maaie er­we in die ge­sog­te woon­buurt Nort­hcliff in Jo­han­nes­burg, word op 24 Mei deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op ’n vei­ling ver­koop.

Nort­hcliff bied al ’n lang tyd ’n ste­wi­ge be­leg­gings­ge­leent­heid, sê Ja­co du Toit van PVA. “Dit is ’n ge­ves­tig­de, boom­ry­ke woon­buurt, wat sen­traal ge­leë is na­by aan ’n ver­skei­den­heid sko­le, win­kel­sen­trums en sa­ke­par­ke.”

Die eer­ste ei­en­dom te Koe­len­hof­weg 22, gaan op 24 Mei om 11:00 op die per­seel op­ge­veil word. Dié dub­bel­ver­die­ping­gras­dak­huis het ’n oop­plan-si­teet­ka­mer, ’n kom­buis, ’n stu­deer­ka­mer, ’n slaap­ka­mer en een ge­sins­bad­ka­mer op die grond­vloer. Die boon­ste ver­die­ping het drie slaap­ka­mers en ’n bad­ka­mer.

’n Dub­bel­mo­tor­huis, ’n was­ka­mer, huis­hulp­ver­blyf, ’n groot ont­haal­ka­mer met ’n in­ge­bou­de braai en ’n swem­bad rond die prent­jie af.

Die ei­en­dom het ook ’n tuin­kot­huis met twee slaap­ka­mers. Die to­ta­le ei­en­dom be­slaan 4 971 m².

Na­dat dié ei­en­dom op­ge­veil is, kom Koe­len­hof­weg 24 aan die beurt. Die huis op twee vlak­ke het op die boon­ste vlak ’n in­gangs­por­taal, ’n gas­te­bad­ka­mer, ’n for­me­le sit­ka­mer, ’n eet­ka­mer, ’n kom­buis met ’n ont­byt­ka­mer, ’n spens, ’n was­ka­mer, ’n stu­deer­ka­mer, drie slaap­ka­mers, waar­van die hoof­slaap­ka­mer ’n en sui­te bad- en aan­trek­ka­mer het.

’n S­pi­raal­trap lei van die sit­ka­mer af na die on­der­ste vlak met ’n kroeg­ka­mer en ’n gas­te­bad­ka­mer. Daar is ook ’n dub­bel­mo­tor­huis, ’n stoor­ka­mer, huis­hulp­ver­blyf en ’n swem­bad.

Langs die huis is drie en­kel­per­soon­woon­stel­le en ’n gim­na­si­um.

Du Toit sê al­bei die ei­en­dom­me sal kun­di­ge be­leg­gers lok. “Die ei­en­dom­me is ge­skik vir ge­sin­ne, as­ook die­ge­ne wat op soek is na ’n in­kom­ste­stroom deur ver­hu­rings. Die ei­en­dom­me kan op Son­dag 21 Mei van 12:00 tot 16:00 be­sig­tig word.

■ Vir na­der be­son­der­he­de s­ka­kel 011 789 4375 of be­soek www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za.

Die huis op twee vlak­ke in Koe­len­hof­weg in Nort­hcliff wat op 24 Mei deur PVA op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.