Ver­skeie vrag­mo­tors op­ge­veil

Beeld - - Veilings -

Tal­le vrag­mo­tors, sleep­wa­ens, grond­werk­tuie en land­bou­toe­rus­ting wat deur ban­ke te­rug­ge­neem is, kom op 25 Mei op Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) se kom­mer­si­ë­le voer­tuig­vei­ling on­der die ha­mer .

LeRoy Au­gus­tyn van PVA sê die skerp da­ling in die jaar­lik­se ver­ko­pe van voer­tuie, soos blyk uit sy­fers van die Na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van Mo­tor­ver­vaar­di­gers (Naam­sa), weer­spie­ël ’n mark wat reg­maak vir die on­se­ker tye wat voor­lê.

“Ko­pers gaan ver­sig­tig en ak­tief ma­nie­re soek om die groot­ste waar­de vir hul geld te kry.”

Hy ver­wag ’n goeie op­koms by die ko­men­de vei­ling, wat ’n aan­trek­li­ke al­ter­na­tie­we op­sie bied om be­kos­tig­ba­re twee­de­hand­se voer­tuie en toe­rus­ting van goeie ge­hal­te aan te skaf.

Ko­pers kan bie op voor­span­mo­tors en vas­te­bak­vrag­mo­tors van on­der meer F­reig­ht­li­ner, Hi­no, I­su­zu, I­veco, Ta­ta en Vol­vo. ’n Ver­sa­me­ling sleep­wa­ens, on­der meer kant­wip­sleep­wa­ens, as­ook grond­werk­tuie word ver­koop.

Be­sig­ti­ging vind op Woens­dag 24 Mei van 10:00 tot 16:00 plaas. Die vei­ling is op 25 Mei om 10:30 by PVA se vrag­mo­tor­werf in Jo­han­nes­burg. Nog in­lig­ting is by 011 789 4375 of www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za te kry.

’n Klomp bank­te­rug­ge­neem­de voer­tuie word op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.