Droom­hui­se in Har­ties te kry

Se­ku­ri­teit op land­goe­de­re ’n trek­pleis­ter

Beeld - - Veilings -

Twee droom­hui­se in spog-se­ku­ri­teits­land­goe­de­re in Hart­bees­poort word in Ju­nie deur Bid­ders C­hoi­ce op­ge­veil.

Hart­bees­poort is ’n prent­jie­mooi dor­pie, so­wat an­der­half­uur se ry van P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg, wat ge­sog is as na­week­weg­breek­plek, as­ook vir ge­sin­ne wat ’n leef­styl­ver­an­de­ring weg van die stads­ge­raas oor­weeg.

Die eer­ste huis is in die luuk­se We­st­la­ke Coun­try & Sa­fa­ri E­sta­te, wat groot oop ruim­tes het en ’n ryk vo­ël­le­we.

Die ruim huis met vyf slaap­ka­mers is i­de­aal vir ont­haal, ’n groot ge­sin, as­ook as ’n gas­te­huis.

Vier van die vyf slaap­ka­mers het en sui­te-bad­ka­mers en daar is ook ’n stu­deer­ka­mer, ’n gas­te­toi­let, ’n oop­plan­leef­a­rea, ’n in­ge­bou­de braai, ’n swem­bad en vier mo­tor­hui­se.

Die huis word op 15 Ju­nie om 11:00 op die per­seel ver­koop. Dit kan op 9 Ju­nie tus­sen 16:00 en 18:00 be­sig­tig word.

Die twee­de huis is in die Pe­can­wood-gholf­land­goed aan die oe­wer van die Hart­bees­poort­dam. Die dub­bel­ver­die­ping­huis op ’n erf van 509 m² het drie slaap­ka­mers en toe­gang tot die Pe­can­wood-gholf- en -boot­klub.

Dié ei­en­dom in Ni­klaus­straat word op 15 Ju­nie om 13:00 op die per­seel op­ge­veil. Dit kan op 9 Ju­nie tus­sen 16:00 en 18:00 be­sig­tig word.

Kon­tak Pie­ter Gel­den­huys by 082 808 1801 vir meer in­lig­ting of be­soek www.bid­derschoi­ce.co.za.

Die prent­jie­mooi dor­pie na­by P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg, is ge­sog as na­week weg breek­plek, as­ook vir ge­sin­ne wat’ n leef­styl ver­an­de­ring weg van die stads­ge­raas oor­weeg.

Dié droom­huis in die We­st­la­ke Coun­try & Sa­fa­ri E­sta­te in Hart­bees­poort word op 15 Ju­nie deur Bid­ders C­hoi­ce op­ge­veil.

Die luuk­se We­st­la­ke Coun­try & Sa­fa­ri E­sta­te aan die oe­wer van die Hart­bees­poort­dam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.