S­tor­mers se Feen­ey­fak­tor

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Vir die S­tor­mers om van hier af nie die kwart­eind­ron­de van die Su­per­rug­by-reeks te haal nie, sal hul­le so erg uit die bus moet foe­ter dat dit met hul­le selfs sleg­ter as met die Bul­le gaan.

Soos sa­ke tans staan, is die S­tor­mers (26) 11 liga­pun­te voor die Bul­le (15) in die eer­ste A­fri­ka-af­de­ling. Met vier li­ga­stry­de oor is die vraag dalk eer­der teen wie die Ka­pe­naars in die kwart­eind gaan speel.

Die kan­se is re­de­lik goed dat die Ka­pe­naars weer ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der in die eer­ste uit­klop­ron­de gaan raak­loop, wat ’n se­ge oor die Blu­es in die Moe­der­stad van­aand ’n be­te­ke­nis­vol­le een kan maak. In­dien die S­tor­mers wen, sal hul­le on­danks ’n nag­mer­rie in Nieu-See­land kan sê dat daar met twee Ki­wi­span­ne af­ge­re­ken is.

Ge­ge­we die om­me­swaai van ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd teen die C­hiefs tot van­jaar se li­ga­wed­stryd teen hul­le – van ’n ne­der­laag van 21-60 tot ’n se­ge van 34-26 – sal die S­tor­mers ook nie voel dat hul­le ’n her­ont­moe­ting met een van hul mees­ters op toer op hul maag hoef te skryf nie.

Self­ver­troue is eg­ter be­lang­rik en van­aand is ’n ge­leent­heid vir die S­tor­mers om ’n in­spui­ting daar­van in te kry.

Vir die Blu­es is daar baie op die spel, want hul aan­spraak op ’n plek in die kwart­eind sal be­roerd lyk as hul­le ver­loor. So hul­le gaan hard ba­klei.

’n Be­lang­ri­ke bond­ge­noot vir die S­tor­mers van­dees­week is Paul Feen­ey, hul Nieu-See­land­se hulp­af­rig­ter. Hy was ver­le­de jaar nog ’n ad­ju­dant by die Blu­es en ken ui­ter­aard hul struk­tu­re tot op die punt waar hy ge­wel­dig baie in­lig­ting uit die bin­ne­kring sal kan oor­dra.

Feen­ey het ook vir Auck­land af­ge­rig en on­der die spe­lers wat deur hom ge­brei is, tel twee ge­vaar­man­ne ag­ter – Rie­ko Io­a­ne en Ge­or­ge Mo­a­la.

By­ge­sê is daar se­dert­dien ’n paar aan­wins­te wat hul­le ’n aan­sien­lik moei­li­ker teen­stan­der as ver­le­de jaar maak. In die op­sig is baie van die fo­kus op die sen­ter Son­ny Bill Wil­li­ams, maar die Blu­es-aan­wins wat die S­tor­mers baie fyn sal moet dop­hou, is die skrum­ska­kel Au­gus­ti­ne Pu­lu. Hy is net nóg een van ’n hand­vol ge­vaar­li­ke Nieu-See­land­se buk­sies.

On­ge­ag hoe­veel ge­hei­me deur Feen­ey uit­ge­lap word, sal dit bit­ter min be­te­ken in­dien die Blu­es die ruim­te ge­gun word om hul in­di­vi­du­e­le bril­jant­heid ten toon te stel.

Ge­ge­we wat teen die C­hiefs ver­mag is, is dit eg­ter nie on­moont­lik vir die S­tor­mers nie.

’n Se­ge is ui­ters be­lang­rik. Nog meer so om­dat dit ’n Ki­wi­teen­stan­der is en die S­tor­mers se heil waar­skyn­lik uit­ein­de­lik daar­in gaan lê om die bord­jies te ver­hang teen een van die span­ne wat hul­le op toer so af­ge­slag het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die voor­ma­li­ge B­lits­bok­vleu­el Se­a­be­lo Se­nat­la is te­rug in die be­gin­span vir die S­tor­mers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.