Te­rug­slag nr. 3 vir Kings voor stryd teen Brum­bies

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

’n Der­de te­rug­slag het die Sout­hern Kings voor hul Su­per­rug­by­wed­stryd mô­re teen die Brum­bies in Port E­li­za­beth ge­tref met die slot Wil­helm van der Sluys wat weens ’n maag­spier­be­se­ring nie sal kan speel nie.

Vroe­ër in die week is daar reeds be­kend ge­maak dat die bal­jag­terflank Chris Cloe­te en die aan­val­len­de heel­ag­ter Ma­sixo­le Ban­da nie in ak­sie sal wees nie.

Cloe­te het har­sing­skud­ding en Ban­da ’n dy­spier­be­se­ring.

“Ja, dit is ’n te­rug­slag dat Wil­helm nie sal kan speel nie, maar ge­luk­kig het ons in Gi­ant M­ty­an­da ’n waar­di­ge plaas­ver­van­ger,” sê De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter.

“In Wil­helm se af­we­sig­heid sal Ty­ler Paul die lyn­staan­te­kens roep. Dis ge­luk­kig iets wat hy al vroe­ër in die sei­soen ge­doen het.”

S­te­fan Wil­lem­se sal in Cloe­te se plek flank speel en Chrys­an­der Bo­tha is die heel­ag­ter in Ban­da se af­we­sig­heid.

Daar is aan­vank­lik ver­wag dat die be­seer­de los­voor­spe­ler Ru­an Lerm ten min­ste na die plaas­ver­van­gers­bank sal te­rug­keer, maar sy en­kel is steeds nie 100 per­sent nie.

Wil­lem­se, wat suk­kel om hom­self in die Kings se be­gin­span te ve­s­tig, sê hy is ge­reed vir die stryd.

“Die me­de­din­ging on­der die los­voor­spe­lers is taai, maar dit bring die bes­te in ons na vo­re,” sê hy.

“Chris speel van­jaar skit­te­ren­de rug­by, so ek sal my bes doen om die span nie in die steek te laat nie.”

Dat Wil­lem­se ewe ge­mak­lik op slot as flank is, kan die ver­lies van Van der Sluys dalk lig­ter maak.

Met Wil­lem­se daar het die Kings boon­op nou ’n by­ko­men­de lyn­staan­op­sie.

Die Kings kan wel die ra­tel­taai Cloe­te se me­de­din­gen­de spel by die af­breek­pun­te mis.

Da­vids sê eg­ter al­tyd dit is in elk ge­val nie net een spe­ler se werk om om­keer­be­sit te pro­beer wen nie.

Dat Wil­lem­se ’n lek­ker ag­gres­sie­we spe­ler is wat hom by die af­breek­pun­te laat geld, ver­lig die ver­lies van Cloe­te ook ef­fen­tjies.

Bo­tha kry op sy beurt nog ’n kans op heel­ag­ter na­dat hy vroeg in die sei­soen ná net een ver­sky­ning in die be­gin­span ge­pos is.

Hy het se­dert­dien kans ge­kry om sy spel­peil in die OPKings se span in die Su­perS­port-uit­daag­reeks te her­win.

Hy het wel weens ’n ge­swik­te en­kel nie ver­le­de week vir die OP-Kings teen die G­rens ge­speel nie.

■ Sout­hern Kings: Chrys­an­der Bo­tha, Als­haun Bock, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Li­o­nel Cron­jé, Lou­is S­chreu­der, An­di­sa Nt­si­la, Ty­ler Paul, S­te­fan Wil­lem­se, Gi­ant M­ty­an­da, Ir­né Herb­st, Ross Gel­den­huys, Mar­tin Be­zui­den­hout, S­chalk van der Mer­we. PLAASVERVANGERS: Kurt Hau­pt, Chris Hei­berg, Da­y­an van der West­hui­zen, M­z­wa­ne­le Zi­to, T­hem­be­la­ni B­ho­li, Johan S­teyn, Pie­ter­S­teyn de Wet, S­tok­kies Ha­ne­kom.

Chrys­an­der Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.