SA het re­sep vir suk­ses – Par­nell

Se­ges in 3 reek­se baan weg

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se een­dag­krie­ket­span het die no­di­ge ba­lans en self­ver­troue om suk­ses te be­haal in Ju­nie se toernooi om die Kam­pi­oe­ne-tro­fee, sê Way­ne Par­nell, die Pro­te­as se veel­sy­di­ge spe­ler.

“Ek glo ons ver­to­nings die af­ge­lo­pe sei­soen het ge­wys dat die span uit­ste­ken­de ba­lans het,” sê Par­nell (27).

“Die kol­wers en die bou­lers gee die kap­tein en die span­be­stuur lek­ker op­sies.”

Die Pro­te­as het Dins­dag na En­ge­land ver­trek waar hul­le drie een­dag­wed­stry­de teen die En­gel­se speel voor die toernooi om die Kampioenetrofee, ’n mi­ni-Wê­reld­be­ker­toer­nooi, op 1 Ju­nie be­gin.

Die Oos-Ka­pe­naar was on­langs in die nuus toe hy in ’n graaf­skaps­wed­stryd vir Kent in En­ge­land die veld met ’n on­re­ël­ma­ti­ge hart­klop moes ver­laat.

Hy moes die vol­gen­de dag ’n kar­di­o­loog gaan spreek, maar het se­dert­dien die goeie nuus ge­kry dat hy weer mag speel.

“Die he­le ding is ef­fe uit ver­band ge­ruk,” het hy van­dees­week ge­sê.

“Ek wou die­self­de dag weer gaan speel het, maar die me­die­se span wou nie met my ge­sond­heid waag nie. Die dok­ters het my eg­ter die groen­lig ge­gee en ek is reg om my rol in En­ge­land in die maan­de wat kom te ver­vul.”

Die Pro­te­as het die af­ge­lo­pe sei­soen een­dag­reek­se teen Aus­tra­lië, Sri Lan­ka en Ni­euSee­land ge­wen en het teen die Aus­sies en Sri Lan­ka 10 se­ges ag­ter­een­vol­gens be­haal.

Par­nell het in 9 van die 15 wed­stry­de in dié drie reek­se ge­speel en was een van die suk­ses­vol­ste bou­lers met 18 paal­tjies teen ’n ge­mid­del­de van 22.94 lo­pies per slag­of­fer.

Hy was wel duur in van hier­die wed­stry­de en hy het steeds die re­pu­ta­sie as ’n wis­sel­val­li­ge spe­ler wat in een krag­me­ting uit­ste­kend speel, net om weer in die vol­gen­de een die pad bys­ter te raak.

Par­nell glo die span se on­lang­se suk­ses sal hom be­slis help in die toernooi.

“Só ’n reeks oor­win­nings help na­tuur­lik met die self­ver­troue en ons glo in me­kaar.

“Ek dink die wy­se waar­op ons die af­ge­lo­pe twee jaar in be­slis­sen­de wed­stry­de ver­toon het, gaan ons help,” meen Par­nell.

Suid-A­fri­ka het in Ok­to­ber 2015 sy eer­ste een­dag­reeks ooit in In­dië ge­wen na­dat die reeks met 2-2 ge­lyk­op was voor die be­slis­sen­de stryd.

Die Pro­te­as het dié een in Mum­bai ge­wen.

Suid-A­fri­ka het toe in Fe­bru­a­rie 2016 ’n ag­ter­stand van 0-2 in die tuis­kits­reeks teen En­ge­land uit­ge­wis om die reeks met 3-2 te be­klink.

En in Maart van­jaar, in Nieu-See­land, het die Pro­te­as weer eens die be­slis­sen­de wed­stryd in Auck­land be­klink na­dat die reeks met 2-2 ge­lyk­op was.

Dít van ’n span wat ’n re­pu­ta­sie het dat hy in die groot oom­blik­ke vou. Nou moet die Pro­te­as wys dat hul­le die­self­de on­der druk kan ver­mag in ’n veel­tal­li­ge span­toer­nooi.

Dit is juis in dié toer­nooie waar die Pro­te­as hul re­pu­ta­sie as “cho­kers” ge­kry het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Hashim Am­la (regs) wens Way­ne Par­nell ge­luk met een van sy paal­tjies teen Sri Lan­ka in Fe­bru­a­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.