Grain­ger tree uit as Fed­be­ker­kap­tein

Beeld - - Sport -

Ten­nis Suid-A­fri­ka (TSA) sal ’n nu­we kap­tein vir die land se Fed­be­ker-vrou­e­span moet vind, na­dat Earl Grain­ger gis­ter be­sluit het om uit die pos te tree.

Grain­ger se ter­myn as kap­tein het aan die ein­de van A­pril ge­ëin­dig en hy het ná ’n ver­ga­de­ring met TSA be­sluit om nie ’n nu­we kon­trak te sluit nie, het die be­heer­lig­gaam gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Dit was ’n baie moei­li­ke be­sluit, maar ek glo dis die reg­te tyd,” het Grain­ger ge­sê.

“Die span gaan nou ’n her­bou­fa­se bin­ne en het ’n vars be­gin no­dig.

“Ons het nie van­jaar die bes­te uit­slae be­haal nie, maar ek is nie­te­min trots op wat ek as kap­tein ver­mag het.”

Grain­ger het ge­sê sy be­sluit ver­an­der niks aan sy po­si­tie­we ver­hou­ding met TSA nie. Hy is steeds ’n lid van die lig­gaam se ho­ë­pres­ta­sie-taak­span, wat aan­ge­stel is om Suid-A­fri­kaan­se ten­nis op die hoog­ste vlak reg te ruk.

“Daar is nu­we, vars e­ner­gie en dryf­krag in TSA-ge­le­de­re en ek is van plan om ten vol­le be­trok­ke te bly by die spel en ’n rol te speel om ten­nis op die hoog­ste vlak in Suid-A­fri­ka te be­vor­der,” het hy ge­sê.

Grain­ger is in 2014 as Fed­be­ker-kap­tein aan­ge­wys en het in 2015 ook ge­dien as tus­sen­tyd­se kap­tein van die Da­vis­be­ker-span. Die lei­sels van laas­ge­noem­de span is in No­vem­ber 2015 oor­ge­neem deur Mar­cos Ond­rus­ka.

Grain­ger se Fed­be­ker-span het van­jaar swaar ge­leef en is na Groep III van die Eu­ro/ A­fri­ka-streek ge­re­le­geer ná hul­le in A­pril in Li­taue al vier hul krag­me­tings ver­loor het.

Ga­vin Crook­es, die pre­si­dent van TSA, het Grain­ger be­dank vir die werk wat hy as Fed­be­ker-kap­tein ge­doen het.

“Ons is dank­baar vir die toe­ge­wy­de diens wat Earl aan TSA ge­le­wer het, as kap­tein van die Fed­be­ker- én Da­vis­be­ker-span. Hy het sy werk met groot pas­sie ge­doen.”

Ri­chard Glo­ver, uit­voe­ren­de hoof van dié ten­nis­lig­gaam, het ge­sê hy het in ’n kort tyd ’n goeie ver­hou­ding met Grain­ger op­ge­bou.

“Ons het nie baie lank saam­ge­werk nie, maar my ver­hou­ding met Earl was uit die staan­spoor po­si­tief. Hy is ’n groot ba­te vir ten­nis in SA en sal voort­gaan om ’n be­dui­den­de by­drae tot TSA te le­wer met sy be­trok­ken­heid by ons taak­span vir uit­ne­mend­heid.”

Grain­ger is een van die suk­ses­vol­ste ten­nis­brei­ers in SA. Spe­lers wat by sy TSA-a­ka­de­mie in Jo­han­nes­burg on­der sy han­de deur is, sluit in die Da­vis­be­ker-spe­lers De­an O’B­rien en Ru­an Roe­lof­se, so­wel as die Fed­be­ker-spe­lers C­ha­nel Sim­monds en Na­ta­sha Fou­rou­clas.

TSA sal bin­ne­kort aan­kon­dig hoe die pad vo­ren­toe vir die Fed­be­ker-span lyk.

Hy het ook on­langs be­kend ge­maak dat ’n taak­span vir vrou­e­ten­nis be­gin gaan word om die spel te her­bou en te be­vor­der. Dié taak­span ont­moet la­ter van­dees­maand en sy man­daat en span­le­de sal dan aan­ge­kon­dig word. –

Earl Grain­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.