Rus tus­sen Tom­my en sy ver­lo­re ti­tel

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Tom­my Oost­hui­zen kom van­aand in Ham­burg, Duits­land, in een van die be­lang­rik­ste ge­veg­te van sy bok­s­loop­baan te staan.

Oost­hui­zen pak die Rus I­gor Mik­hal­kin in die Bar­clay­car­da­re­na in ’n stryd om die va­kan­te lig­swaar­ge­wig­ti­tel van die In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie (IBO).

Die 31-ja­ri­ge Mik­hal­kin is ’n knap veg­ter wat nes Oost­hui­zen al om die ver­keer­de re­des in die nuus was.

Hy was ’n paar jaar ge­le­de in die sop om­dat hy die ver­bo­de mel­do­ni­um ge­bruik het.

Hy het toe ge­sê hy het nie ge­weet dit is ’n ver­bo­de mid­del nie en is vir ’n tyd lank ge­skors.

Hy het in­tus­sen, nes Oost­hui­zen, sy loop­baan weer op dreef ge­kry.

Oost­hui­zen het al in die ver­le­de met sy vo­ri­ge pro­mo­tors vas­ge­sit, maar dit lyk of hy dees­dae met nu­we y­wer boks.

Hy is lan­ger as die Rus en is net-net die guns­te­ling om die ti­tel huis toe te bring.

As hy dit reg­kry, sal dit die twee­de keer wees dat hy die IBO-kam­pi­oen word.

Hy was in Ju­nie 2015 ook die kam­pi­oen, maar het sy ti­tel op die skaal ver­loor toe hy oor­ge­wig was vir sy ge­veg teen Ro­bert Ber­rid­ge van Nieu-See­land.

Na­dat hy ’n tyd­jie van die kryt weg­ge­breek het, het hy by Gert S­try­dom be­gin oe­fen en toe sy vol­gen­de twee ge­veg­te oor­tui­gend ge­wen.

Te­ren­ce Cra­w­ford van A­me­ri­ka ver­de­dig mô­re sy su­per­lig­ge­wig­ti­tels van die Wê­reld­boks­raad en die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie teen Felix Di­az van die Do­mi­ni­kaan­se Re­pu­bliek.

Ju­li­us In­don­go van Na­mi­bië, die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie, In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­mid­del sa­sie en Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging se kam­pi­oen, sal langs die kryt in Ma­di­son S­qua­re Gar­den in New York wees.

Die ver­wag­ting is dat hy en Cra­w­ford me­kaar bin­ne­kort sal pak – mits Cra­w­ford vir Di­az kan klop.

Cra­w­ford het aan Box­ing S­ce­ne ge­sê hy on­der­skat Di­az be­slis nie.

Hy het dit wel dui­de­lik ge­maak dat hy al die be­heer­lig­ga­me se ti­tels wil wen.

In­don­go het ver­le­de maand ’n bril­jan­te ver­to­ning ge­le­wer toe hy Ric­ky Burns in Glas­gow, S­kot­land, oor­tui­gend met pun­te ver­slaan het.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Tom­my Oost­hui­zen is reg vir sy ti­tel­ge­veg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.