Ba­o­babs kyk nie vas teen ‘net­bal­na­me’

Beeld - - Sport -

Die Fla­mes en die S­tings moet in hul pas­op­pens wees.

Die Ba­o­babs van Lim­po­po het Woens­dag­aand ’n slyp­ses­sie teen die Ja­guars ge­had en is slag­ge­reed vir die na­week se P­re­mier­liga-net­bal­wed­stry­de in Bell­vil­le.

Die Ba­o­babs is se­wen­de van die tien span­ne, maar ver­be­ter met el­ke wed­stryd.

Nie­mand durf die Lim­po­po­span meer on­der­skat nie.

Die Ba­o­babs het twee taai teen­stan­ders wat voor­lê in die Fla­mes (van­aand) en die S­tings (mô­re­mid­dag).

Du­mi­sa­ni C­hau­ke, die Ba­o­babs-af­rig­ter, er­ken gis­ter die top-vier span­ne sal al­mal pro­beer om teen die Ba­o­babs hul doel­ge­mid­del­de ’n hup­stoot te gee.

“Ons het in Woens­dag se oe­fe­ning hard ge­werk aan die ver­de­di­ging. Ons moet ons teen­stan­ders se aan­val in toom hou,” sê C­hau­ke.

Sy het aan haar spe­lers ge­sê om hul­self nie voor ’n wed­stryd sum­mier af te skryf nie.

“Hul­le moet hul­le nie vas­kyk teen ‘na­me’ nie. Ons moet fo­kus op dit wat ons kan be­heer.”

C­hau­ke, die SA o.21-hulp­af­rig­ter, meen die S­tings, Fi­re­balls en die Ja­guars is die span­ne wat tot dus­ver uit­staan.

Die laas­te ron­de groep­wed­stry­de word die na­week en aan­staan­de na­week ge­speel voor­dat die uit­speel­stry­de be­gin.

Die Ja­guars van Noord-Gau­teng is die pas­aan­ge­ërs met 12 pun­te ná 7 wed­stry­de.

Die Fi­re­balls, die S­tings en die Fla­mes het al­mal 10 pun­te ná 6 wed­stry­de. Die C­ri­nums is ná ’n sta­di­ge be­gin weer op dreef. Hul­le is vyf­de met agt pun­te. Die Vry­sta­ters se wed­stryd teen die Fla­mes van Noord­wes be­hoort die hoog­te­punt van die na­week te wees. ■ Pro­gram: Van­dag: 18:00: Ba­o­babs t. Fla­mes; 20:00: Ja­guars t. S­tars. Mô­re: 14:00: Ba­o­babs t. S­tings; 16:00: Fi­re­balls t. S­tars;

18:00: C­ri­nums t. Fla­mes. Son­dag: 10:30: Di­a­monds t. Sun­bi­rds; 12:30: Aloes t. Fi­re­balls.

Du­mi­sa­ni C­hau­ke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.