Wits ver­o­wer sy eer­ste P­re­mier­liga­ti­tel

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie

Wits het Woens­dag­aand ge­skie­de­nis ge­maak toe hy die eer­ste keer die Suid­A­fri­kaan­se P­re­mier­sok­ker­liga­ti­tel be­klink het.

Die C­le­ver Boys het Po­lo­kwa­ne Ci­ty met 2­0 ver­slaan dank­sy doe­le deur Ja­mes Keene en Dai­ne Kla­te. Su­per

s­port.com be­rig Ma­me­lo­di Sun­do­wns se ge­lyk­op­uit­slag van 2­2 teen Ma­ritz­burg U­ni­ted het mee­ge­bring dat Wits nie meer op die pun­te­lys in­ge­haal kan word nie.

Ga­vin Hunt se span is die se­wen­de kam­pi­oen in die PSL­era, ter­wyl dié af­rig­ter sy vier­de PSL­ti­tel be­klink het. Hy het ook in die 2007/08­, 2008/09­ en 2009/10­sei­soe­ne aan die s­tuur van Su­perS­port U­ni­ted suk­ses be­haal. Sun­do­wns is nou nie net sy ti­tel kwyt nie, maar loop ook die ge­vaar om sy twee­de plek aan Ca­pe Town Ci­ty af te staan. Die Ka­pe­naars is slegs ’n punt ag­ter die Bra­zi­li­ans. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.