Ha­ker O­wens hoop sy en­kel her­stel be­tyds

Beeld - - Sport -

Die Wal­lie­se ha­ker Ken O­wens (30) sal hoop dat hy be­tyds van ’n en­kel­be­se­ring her­stel om op die vlieg­tuig te klim wan­neer die B­rit­se en Ier­se Leeus na Nieu­See­land ver­trek.

O­wens moes ont­trek aan die S­car­lets se PRO12­uit­speel­stryd wat van­dag plaas­vind.

Hy is ge­kies as een van drie ha­kers om die All Blacks te pak op die toer wat in Ju­nie af­skop, maar sal sy na­els kou om be­tyds reg te wees.

O­wens, wat al 50 toet­se vir Wal­lis ge­speel het, is al deur die B­rit­se Leeus se me­die­se span on­der­soek en sal ty­dens die span se oe­fen­kamp in Ier­land, wat vol­gen­de week af­skop, weer dop­ge­hou word om te kyk of hy fiks ge­noeg is.

Neil Jen­kins, wat die Leeus se voor­spe­lers brei, meen Jen­kins se be­se­ring is on­ty­dig, maar dat hy hoop­vol is dat die ha­ker sal her­stel. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.