S­kor­sing ein­dig Du P­les­sis van SA se sei­soen

Beeld - - Sport -

Die Suid­A­fri­kaan­se slot Jacques du P­les­sis is Woens­dag vir die res van die sei­soen ge­skors na­dat hy ’n teen­stan­der met die elm­boog by­ge­kom het. Dit is ’n groot te­rug­slag vir Mont­pel­lier, wat hoop om die Top 14ti­tel te be­klink voor­dat die span se af­rig­ter, Ja­ke W­hi­te, Frank­ryk aan die ein­de van die sei­soen ver­laat.

Rug­by365.com be­rig Du P­les­sis (23) is deur ’n tug­ko­mi­tee van die Top 14­li­ga vir vier we­ke ge­skors vir die voor­val wat op 30 A­pril in ’n krag­me­ting met La Ro­chel­le plaas­ge­vind het.

Die voor­ma­li­ge Bul­le­spe­ler het ’n geel­kaart ont­vang vir “ge­vaar­li­ke spel” in die 69ste mi­nuut van die wed­stryd.

Du P­les­sis sal mô­re se uit­speel­wed­stryd teen die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Ra­cing, mis­loop, as­ook die half­eind­stryd teen C­ler­mont in­dien Mont­pel­lier deur­dring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.