Hou aan om Bul­le te steun, vra Nol­lis

Beeld - - Beeld Sport - Co­bus Claas­sen

Of ek nou gaan of bly, ek wil graag vra dat die on­der­steu­ners die spe­lers moet steun.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se be­le­ër­de hoof­af­rig­ter, het gis­ter dié plei­dooi ge­le­wer in aan­loop tot mô­re se Su­per­rug­by-ont­moe­ting met die Leeus op El­lis­park.

“Die Bul­le is gro­ter as Nol­lis Ma­rais. On­der­steun as­se­blief die span, want ek glo hy gaan jul­le nog trots maak,” het die be­le­ër­de brei­er ge­sê.

Daar is in die lig van die Bul­le se suk­kel­sei­soen ge­rug­te dat Ma­rais se pos in ge­drang kan wees.

“Die sei­soen sou al­tyd ’n uit­da­ging ge­wees het met so­veel jong spe­lers in die span. Maar nie­mand het ge­dink dit gaan só taai wees nie. Ons het tot dus­ver nie goeie rug­by ge­speel nie. Ons moet eer­lik wees daar­oor,” sê Ma­rais.

Daar is vyf ver­an­de­rings aan die span wat ver­le­de Sa­ter­dag so by­na met die High­lan­ders af­ge­re­ken het.

Jam­ba U­len­go het ’n knie­be­se­ring en word deur die 21-ja­ri­ge blits Si­bahle Max­wa­ne ver­vang.

Max­wa­ne, wat vir Tuks in die Var­si­ty­be­ker-reeks ge­speel het, maak sy Su­per­rug­by-de­buut.

Sy vleu­el­maat, Ja­de S­tigh­ling, het teen die High­lan­ders sy de­buut ge­maak.

Die S­pring­bok-sen­ter Jan Ser­fon­tein is te­rug in die be­gin­span in War­rick Ge­lant se plek. Jes­se K­riel skuif van bui­te­sen­ter na heel­ag­ter.

Die Bul­le het ook ’n nu­we ska­kel­paar – Ru­dy Pai­ge en Fran­cois Brum­mer – wat on­der­skei­de­lik by Piet van Zyl en Ti­an S­choe­man oor­vat.

Van Zyl is in die hos­pi­taal met ’n lon­gin­fek­sie en S­choe­man is uit die 23-tal weg­ge­laat. To­ny Jan­tjies, jon­ger broer van die Leeus se nr. 10, El­ton Jan­tjies, is die Bul­le se plaas­ver- van­ger in die nr. 10-trui.

Lood de Ja­ger is die e­nig­ste ver­an­de­ring in die agt­tal. Hy ver­vang die ge­skors­te RG Sny­man.

Ja­co Vi­sa­gie be­hou sy plek in die be­gin­span met A­dri­aan S­trauss (voet­be­se­ring) wat nog nie weer vol­uit ge­oe­fen het nie.

Ma­rais is ge­vra of hy be­kom­merd is dat die Leeus die Bul­le se on­ver­va­re vleu­els gaan tei­ken.

“Dit is ’n te­rug­slag vir ons. Jam­ba en Tra­vis (Is­mai­el) is ons bes­te vleu­els en dit is ’n groot uit­da­ging vir die jong man­ne.

“Maar Ja­de en Rabs (Max­wa­ne) kry ’n groot kans en moet die mees­te daar­van maak.”

Han­ro Lie­ben­berg, die Bul­le­kap­tein, sê hul­le wil mô­re voort­bou op die ver­to­ning wat hul­le teen die High­lan­ders ge­le­wer het.

“Ons het nie ge­wen nie, maar ons spel in die twee­de helf­te het ons baie moed ge­gee,” al­dus die jong span­lei­er.

Ma­rais sê die Bul­le kom mô­re te staan teen ’n span met wei­ning swak­pun­te in sy mon­de­ring.

“Die Leeus is ’n span met baie er­va­ring. Dit is ’n groot uit­da­ging vir ons, maar ek glo e­nig­iets is moont­lik in rug­by.” ■ Bul­le: Jes­se K­riel, Ja­de S­tigh­ling, Jan Ser­fon­tein, Bur­ger O­den­daal, Si­bahle Max­wa­ne, Fran­cois Brum­mer, Ru­dy Pai­ge, Han­ro Lie­ben­berg (k), Jan­nes Kir­sten, Ru­an S­teen­kamp, Lood de Ja­ger, Ja­son Jen­kins, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Ja­co Vi­sa­gie, Li­zo G­qo­bo­ka. PLAASVERVANGERS: Edgar Ma­rut­lul­le, Pier­re S­choe­man, Con­raad van Vuur­en, A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na, Nic de Ja­ger, I­van van Zyl, To­ny Jan­tjies, War­rick Ge­lant.

Die 21­ja­ri­ge Tuks­vleu­el Si­bahle Max­wa­ne maak mô­re sy Su­per­rug­by­de­buut vir die Bul­le. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.