‘Bis­sie bly die bes­te’

Beeld - - Beeld Sport - Ti­nus van S­ta­den

Bring vir Bis­marck du P­les­sis te­rug! Dít is die plei­dooi wat twee voor­ma­li­ge S­pring­bok-ha­kers, Na­ka Drot­ské en Chris Ros­souw, aan Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-brei­er, rig voor die toets­reeks teen Frank­ryk in Ju­nie. “Selfs met net een ge­son­de dy­spier, is Bis­marck een van die bes­te ha­kers in die wê­reld,” skerts Ros­souw. Vol­gens Ros­souw is Du P­les­sis een van die mees ge­vrees­de en ge­re­spek­teer­de ha­kers in wê­reld­rug­by.

“Hy is in ’n klas van sy eie. Bis­marck is ’n reus. Al bring jy hom net te­rug om op die plaas­ver­van­gers­bank te sit. Hy is dalk nie die lang­ter­myn­op­los­sing nie, maar hy kan weer kook,” sê Ros­souw.

Hy sê Du P­les­sis (32), wat vir die Fran­se klub­span Mont­pel­lier speel, moet saam met die Leeus se jong Mal­colm Marx die Bok­ke se ge­reel­de ha­kers wees.

“Met Marx kan jy nie ver­keerd gaan nie. Ek hou ook van die Haaie se Fran­co Ma­rais. Die S­tor­mers se Bon­gi M­bo­nam­bi suk­kel ’n bie­tjie op Su­per­rug­by-vlak en in­ter­na­si­o­na­le rug­by is nóg ’n tree­tjie op. Ver­der is daar nie veel ou­ens wat my be­ïn­druk nie.”

Drot­ské meen ook Marx is die op­los­sing vir die toe­koms en hy sal baie by Du P­les­sis kan leer.

“Jy kan nie ver­by Bis­marck kyk nie, hy is net in ’n klas van sy eie. Ver­al met die stand van rug­by tans in die land is dit be­lang­rik om ou­ens soos Bis­marck en Du­a­ne (Ver­meu­len, agt­ste­man), wat ’n ver­skil kan maak, te be­trek,” sê Drot­ské.

Marx be­ïn­druk hom die mees­te van al die plaas­li­ke ha­kers.

“Marx is ie­mand wat soos Bis­marck speel. Hul­le is al­bei sterk en fi­siek. Ek sal hom be­slis kies en as Bis­marck nie kan speel nie, sal hy my voor­keur­ha­ker wees.”

Mont­pel­lier word deur die voor­ma­li­ge Bok-brei­er Ja­ke W­hi­te, on­der wie Du P­les­sis sy eer­ste van 79 toet­se ge­speel het, af­ge­rig. Du P­les­sis is W­hi­te se voor­keur­ha­ker by dié klub­span.

Mont­pel­lier speel mô­re in die kwart­eind­stryd van die Fran­se Top-14-li­ga teen Ra­cing 92. Die eind­stryd van dié reeks word op 4 Ju­nie ge­speel.

Die eer­ste van drie toet­se teen die Fran­se vind op 10 Ju­nie plaas.

Marx, M­bo­nam­bi en die Haaie se C­hi­li­boy Ra­le­pel­le is die drie ha­kers wat na die Bok­ke se der­de oe­fen­kamp ge­nooi is. Oor­se­se spe­lers is nie oor­weeg nie.

Daar is vroe­ër reeds be­spie­gel dat Du P­les­sis hom dalk in die Bok­ke se groep teen die Fran­se kan be­vind. Mark A­lex­an­der, pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru), wou nie dié ge­rug­te be­ves­tig of ont­ken nie.

“Ons praat met al die oor­se­se klubs waar ons spe­lers het. Wie die spe­lers is, is ’n an­der sto­rie.

“Ek is nie se­ker hoe­veel oor­se­se spe­lers in die groep gaan wees en wie hul­le gaan wees nie. Ons moet wag tot­dat Al­lis­ter die groep be­kend maak,” sê A­lex­an­der.

Die S­pring­bok-groep word Dins­dag aan­ge­kon­dig.

Bis­marck du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.