Kir­sten, Si­mons help om Pro­tea­brei­er te kies

Beeld - - Beeld Sport - Jo­hann de Ja­ger

Twee voor­ma­li­ge af­rig­ters van die Pro­te­as gaan help om ’n hoof­af­rig­ter vir die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­span aan te wys.

Ga­ry Kir­sten en E­ric Si­mons, wat self in­ter­na­si­o­na­le krie­ket ge­speel het voor­dat hul­le die na­si­o­na­le span af­ge­rig het, is deel van ’n pa­neel van vyf le­de wat met die aan­stel­ling moet help.

Dié keur­pa­neel word vol­tooi deur Nor­man A­rend­se, wat ’n voor­ma­li­ge pre­si­dent van Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) en tans hoof van die on­af­hank­li­ke di­rek­teu­re is, en Ri­han Ri­chards en Ou­pa Nk­a­gi­sang, wat saam met A­rend­se in die trans­for­ma­sie­ko­mi­tee dien.

Dit kom na­dat die raad van di­rek­teu­re die aan­stel­lings­pro­ses die af­ge­lo­pe na­week in Jo­han­nes­burg goed­ge­keur het.

’n Woord­voer­der van KSA sê die pos sal “so gou as moont­lik” ge­ad­ver­teer word.

Dis Kir­sten-hul­le se taak om ’n oog oor die aan­soe­kers te gooi en daar­vol­gens aan­be­ve­lings te maak. Hul­le sal by die on­der­hou­de be­trok­ke wees, maar kan net ’n kort­lys aan­be­veel aan­ge­sien die raad die laas­te sê het.

Dié nuus volg twee dae na­dat die Pro­te­as op hul toer na En­ge­land ver­trek het.

Die hui­di­ge af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, het ’n baie suk­ses­vol­le sei­soen ag­ter die rug. Hy is tot aan die ein­de van Au­gus­tus, wan­neer die toer na En­ge­land ten ein­de loop, ge­kon­trak­teer.

Dit is on­dui­de­lik of Do­min­go weer vir sy pos sal aan­soek doen.

Die tyd sal ook in­tus­sen leer of die jong­ste woe­lin­ge e­ni­ge in­vloed op die toer­span se ver­to­nings in En­ge­land gaan hê.

Chris Nen­za­ni, pre­si­dent van KSA en voor­sit­ter van die di­rek­sie, het gis­ter uit­ge­vaar ná druk uit me­di­a­ge­le­de­re oor die ge­sloer en on­se­ker­heid rond­om die kwes­sie van die af­rig­ter.

“Daar was on­in­ge­lig­te ne­ga­ti­wi­teit in die me­dia oor die raad se be­sluit om ’n pro­ses te be­gin om ’n af­rig­ter te werf,” sê hy.

KSA sê “die aan­ge­stel­de af­rig­ter en sy be­stuur­span sal aan die be­gin van Sep­tem­ber in die tuig wees”.

Lui­dens die ver­kla­ring is al die na­si­o­na­le keur­ders – die sa­me­roe­per, Lin­da Zon­di, Er­rol S­tewart, Hus­sein Ma­nack en Lux Qo­bos­hiy­a­na – se ter­myn tot ná die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2019 ver­leng.

’n Paar van die se­ni­or spe­lers het reeds aan­ge­dui dat die WB-toernooi hul in­ter­na­si­o­na­le swa­ne­sang kan wees. Van hul­le het by ge­leent­heid ge­sê Do­min­go moet tot dan aan­bly.

Daar word ver­staan die aan­stel­lings­pro­ses is ’n for­ma­li­teit wat ver­eis word wan­neer ’n be­staan­de kon­trak ver­stryk.

Die naam van die Li­ons-brei­er, Ge­of­frey Toy­a­na, het by meer as een ge­leent­heid as ’n sterk aan­spraak­ma­ker vir die Pro­te­as-pos op­ge­duik.

Suid-A­fri­ka se 2017-’18-sei­soen be­gin in Sep­tem­ber met ’n be­soek van Bangla­desj.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.