‘Man lê stil ná hou met re­wol­wer teen die kop’

Moe­nie skiet! skree dog­ter glo

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Boe­ta van der West­hui­zen het ’n vuur­wa­pen ge­vra, maar sy dog­ter het aan hom ge­skree hy moe­nie skiet nie.

Toe slaan hy die een man met die re­wol­wer teen die kop. Die man het stil bly lê, het Fa­nie Oost­hui­zen, ’n staats­ge­tuie, gis­ter in die rond­gaan­de hof in Pa­rys ge­tuig.

Hy het oor die be­weer­de aan­ran­ding op t­wee mans wat daar­van ver­dink is dat hul­le by ’n plaas­roof­tog be­trok­ke was, ge­tuig.

Die mans het aan hul be­se­rings be­swyk.

Boe­ta (47), sy seun, Loe­die jr. (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), staan saam met die pa en seun An­ton (50) en Cor Log­gen­berg (20) en kapt. Henk Prins­loo (47) te­reg weens die moord op Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28).

Oost­hui­zen, ’n plaas­voor­man, is ook aan­vank­lik aan­ge­kla, maar ge­tuig nou in­ge­vol­ge art. 204 van die Straf­pro­ses­wet vir die staat.

Hy het gis­ter ge­tuig hy het op 6 Ja­nu­a­rie 2016 laat­mid­dag ge­hoor daar was ’n aan­val op die plaas van Loe­die van der West­hui­zen sr., Boe­ta se pa.

Hul­le het na die ver­meen­de aan­val­lers gaan soek en is la­ter na die plek waar T­jixa en Ju­be­ba aan­ge­keer is. Die t­wee mans het op die grond ge­lê.

Loe­die jr., Wi­an, Wi­kus en M­ül­ler van der West­hui­zen en Oost­hui­zen se seun, Da­ni­ël, het om die mans ge­staan.

Loe­die jr. het een van die mans in die sy en bo­lyf ge­skop. Oost­hui­zen het aan die groep ge­sê: “Nee, man­ne, stop dit.”

Oost­hui­zen het die lan­ger man ge­vra waar die ge­weer is.

“Die man het pro­beer op­staan en ek het sy arm ag­ter sy rug op­ge­buig en weer ge­vra waar die ge­weer is.”

Die man het ge­sê hy het dit weg­ge­gooi.

Oost­hui­zen het ge­tuig hy het die man se arm ho­ër op­ge­druk, maar toe die man hom op sy naam aan­spreek, het hy be­sef die man ken hom en kan hom ver­kla. Hy het hom ge­los.

Oost­hui­zen het ook die res van die groep aan­ge­sê om die t­wee mans uit te los, het die hof ge­hoor.

Kort daar­na het Jan­sen van Vuur­en op­ge­daag. Hy en Loe­die jr. het die klei­ner man in die sye en bo­lyf ge­skop, het Oost­hui­zen ge­tuig. Die man het pro­beer keer, maar kon nie al die skop­pe af­weer nie. “Hy is hard ge­skop.” Oost­hui­zen sê hy en M­ül­ler het Jan­sen van Vuur­en en Loe­die jr. ge­keer.

Die t­wee het toe nog reg­op ge­sit, het Oost­hui­zen ge­tuig.

Boe­ta en nog ’n boer, Wil­lem Coet­zer, het op­ge­daag.

Eers­ge­noem­de het die lan­ger man met die oop hand ge­klap en ge­skop, het Oost­hui­zen ge­tuig.

Boe­ta het vol­gens Oost­hui­zen ’n vuur­wa­pen ge­vra, waar­na Ga­wie Coet­zer ’n re­wol­wer aan hom oor­han­dig het.

Boe­ta se dog­ter, Chris­ta, en M­ül­ler het aan hom ge­skree hy moe­nie die man skiet nie. Boe­ta het toe die man met die re­wol­wer op die kop ge­slaan, waar­na die man stil bly lê het, het Oost­hui­zen ge­tuig.

Die mans is kort daar­na op An­ton se bak­kie ge­laai en hy het ge­ry, het Oost­hui­zen ge­tuig.

Fo­to’s: A­LET VAN DER WALT

Die be­skul­dig­des wag dat die hof­ver­rig­tin­ge be­gin. Van links is kapt. Henk Prins­loo, Cor Log­gen­berg, Loe­die van der West­hui­zen jr. en Mie­la Jan­sen van Vuur­en.

Fa­nie Oost­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.