Kok kry be­seer­des ná pak­kie ont­plof

Beeld - - Nuus - – News24 en Ü­gen Vos

’n Kok in die Dur­ban­se huis waar ’n pak­kie gis­ter­mid­dag ont­plof het, het hom ge­haas na die hoof­deel van die huis waar daar bloed en rook was.

Ya­seen Al­lie sê hy was in ’n af­son­der­li­ke deel van die huis in S­te­phen Dla­mi­ni­weg in Es­sen­wood be­sig om kos te maak toe hy die ont­plof­fing hoor.

Hy het ge­dink die pak­kie, wat om­streeks 12:00 ont­plof het, is blom­me wat af­ge­le­wer word.

Al­lie sê die pak­kie het lo­go’s van blom­me­af­le­we­raars ge­had en is na die hoof­huis ge­bring.

Al­lie het aan­ge­gaan met kos­maak toe hy oom­blik­ke la­ter die ont­plof­fing hoor.

“Ek het ’n ge­skreeu ge­hoor en daar was o­ral rook. Ek het hul­le in ’n sleg­te toe­stand ge­kry.

“Die seun se vin­ger was af en sy kop was erg be­seer. Die vrou se be­ne was erg be­seer.”

Die drie fa­mi­lie­le­de is na die hos­pi­taal ge­bring. Hul­le is on­der­skei­de­lik 17, 20 en 22 jaar oud.

Kapt. N­qo­bi­le G­wa­la, po­li­sie­woord­voer­der, sê die fa­mi­lie­le­de het erns­ti­ge won­de aan die bo­lyf op­ge­doen.

“Ons kan nie in dié sta­di­um hul i­den­ti­teit be­ves­tig nie.”

Die po­li­sie se plof­stof­een­heid het gis­ter­mid­dag ’n twee­de toe­stel in ’n be­heer­de om­ge­wing laat ont­plof.

Lt.kol. T­hu­la­ni Z­wa­ne, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mo­tief vir die aan­val word nog on­der­soek.

Gar­rith Ja­mie­son, o­pe­ra­si­o­ne­le be­stuur­der van Res­cue Ca­re, wat kort ná die ont­plof­fing op die to­neel was, het be­ves­tig dat die drie fa­mi­lie­le­de na die Ne­t­ca­re Park­lands-hos­pi­taal ge­bring is.

Fo­to: KAVEEL SINGH, NEWS24

S­te­phen Dla­mi­ni­weg in Es­sen­wood, Dur­ban, waar ’n pak­kie gis­ter­mid­dag ont­plof het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.