Rug­by soos in ou dae El­lis­park bied vol pro­gram, san­gers

Beeld - - Nuus - Chris­to Bu­ch­ner

’NRug­by­dag soos in die goeie ou dae. Dit is wat van­dag wag op on­der­steu­ners wat op­ruk El­lis­park toe vir die Juk­skei-stryd tus­sen die Leeus en die Bul­le.

An­ders as die on­lang­se ten­dens dat daar net ’n hoof­wed­stryd is en on­der­steu­ners net so voor en soms selfs ná die af­skop uit die kroeë in die sta­di­on peul om die wed­stryd dop te hou, is daar ’n prop­vol pro­gram wed­stry­de waar­na on­der­steu­ners al van vroeg­dag kan kyk – net soos in ver­vloë dae toe daar t­wee of selfs drie wed­stry­de was voor die hoof­stryd.

Spel be­gin reeds 11:45, wan­neer ’n toer­span van die B­rit­se po­li­sie teen Rus­ten­burg Im­pa­la te staan kom.

Die B­rit­se Bob­bies sal hul keer moet ken teen die SuidA­fri­kaan­se klub­kam­pi­oen.

Daar­na kom die naas­bes­tes van die Goue Leeus en die Blou Bul­le teen me­kaar te staan in die hoof­voor­wed­stryd in ’n krag­me­ting in Su­perS­port se uit­daag­reeks. Die hoof­wed­stryd be­gin 17:15.

As­of die rug­by nie ’n groot ge­noeg trek­pleis­ter is nie, tree die san­gers Ray Dy­lan en Fran­ja du P­les­sis ook voor en ná die hoof­wed­stryd by die bier­tuin op.

Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, sê die be­lang­stel­ling vir die krag­me­ting is baie groot.

“Ons on­der­steu­ners wil die s­pan graag sien speel na­dat hul­le al drie hul wed­stry­de in Aus­tra­lië ge­wen het. Die ou­ens speel baie goeie rug­by en dit lok die on­der­steu­ners.

“Daar is ook niks wat die spe­lers so mo­ti­veer as om voor ’n sta­di­on wat in rooi ge­tooi is te speel nie,” sê S­tra­eu­li.

Vol­gens hom bly ’n stryd tus­sen die bu­re die Leeus en die Bul­le ook maar al­tyd een wat die bes­te uit die span­ne na vo­re bring.

“Ons het baie re­spek vir die Bul­le en weet hul­le sal hoogs ge­mo­ti­veerd wees vir hier­die wed­stryd. Daar is baie rug­by op hier­die dag om te kyk en die ver­wag­ting is ook dat dit mooi­weer sal wees.

“Daar is dus geen re­de om nie ’n draai by die sta­di­on te maak nie. Ons hoop om meer as 30 000 toe­skou­ers te kry. Dit sal by­dra tot ’n uit­ste­ken­de at­mos­feer,” sê S­tra­eu­li.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Goue Leeus Rug­by­u­nie ver­wag ’n ste­wi­ge ska­re by van­dag se Su­per­rug­by­stryd tus­sen die Leeus en die Bul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.