Pyn­ver­to­nings van sok­ker­‘ dui­kers’ se dae ge­tel

Beeld - - Nuus -

Dit lyk of die tyd van Os­car­waar­di­ge ver­to­nings op die sok­ker­veld ook ge­tel is. Ten min­ste in En­ge­land.

Die En­gel­se Foot­ball As­so­ci­a­ti­on (FA) het eer­gis­ter aan­ge­kon­dig hy het ’n nu­we re­ël op sy al­ge­me­ne ver­ga­de­ring by die Wem­b­ley-sta­di­on aan­vaar wat spe­lers sal straf in­dien hul­le voor­gee hul­le is be­seer.

Dié ge­bruik staan in sok­ker be­kend as “di­ving”.

In­ge­vol­ge die nu­we re­ël kan spe­lers wat dit reg­kry om ’n skeids­reg­ter te bluf so­dat hy ’n straf­skop kan af­dwing, ná die tyd deur ’n on­af­hank­li­ke pa­neel van drie be­amp­tes ge­straf word. Dit geld ook wan­neer ’n op­po­nent weens ’n ge­vaar­li­ke laag­vat af­ge­stuur word.

Die pa­neel sal be­staan uit ’n oud­skeids­reg­ter, -spe­ler en -span­be­stuur­der. In­dien hul­le be­vind die be­se­ring is nie eg nie, kan hul­le hom vir t­wee wed­stry­de skors. Die re­ël sal van die be­gin van vol­gen­de sei­soen geld op al­le vlak­ke van sok­ker in En­ge­land.

Die spe­ler sal wel net ge­skors kan word as die pa­neel se be­vin­ding een­pa­rig is.

“In­dien ’n klag van die suk­ses­vol­le kul­le­ry van ’n wed­stryd­be­amp­te be­wys kan word, kan die af­stuur of die waar­sku­wing (geel- of rooi­kaart) wat die op­po­nent moont­lik daar­voor ont­vang het, ook te­rug­ge­trek word,” sê die FA in ’n ver­kla­ring.

Die nu­we re­ël is ge­grond op een wat reeds se­dert 2011 in S­kot­land geld, be­rig The Gu­ar­di­an. Re­ël 201 het nie die ein­de van di­ving in S­kot­land be­te­ken nie, maar spe­lers word wel suk­ses­vol daar­vol­gens vas­ge­vat. S­kot­land pro­beer die wê­reld­be­heer­lig­gaam, Fi­fa, lank reeds oor­tuig om ook dié re­ël te aan­vaar.

Fo­to: AP

Sok­ker­spe­lers wat voor­gee hul­le is be­seer, gaan eers­daags in En­ge­land ge­straf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.