Drink op 2007

Beeld - - Nuus - – News24

Daar is dees­dae min re­de vir von­kel­wyn op Lof­tus Vers­feld, maar die Bul­le kon gis­ter maar ge­rus ’n bot­tel ge­knak het. Dit was gis­ter die tien­de her­den­king van die s­pan se eer­ste Su­per­rug­by­ti­tel.

Hul­le het op 19 Mei 2007 die Haaie op hul tuis­veld in Dur­ban ge­klop.

Bry­an Ha­ba­na het in be­se­rings­tyd ’n drie an­der­kant die hoek­vlag gaan druk en De­rick Hou­gaard (nr. 10) het die doel­skop oor­ge­sit om te ver­se­ker dat die Bul­le met ’n en­ke­le punt wen. Die eind­tel­ling van 20­19 het hul­le die Su­per14­ti­tel be­sorg.

Dit was ook die eer­ste Su­per­ti­tel vir ’n Suid­A­fri­kaan­se s­pan. Dit het ’n goue era vir die Bul­le in­ge­lei en hul­le het dié reeks weer in 2009 en 2010 ge­wen.

’n 15de s­pan is in 2015 by die reeks ge­voeg en dit staan se­dert­dien net as die Su­per­rug­by­reeks be­kend.

Ver­le­de jaar is nog drie span­ne by­ge­voeg, maar van vol­gen­de jaar af be­oog die or­ga­ni­seer­ders om dit te­rug te sny tot 15.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.