Po­li­sie trek 6 vas ná aan­val op fa­mi­lie

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die G­rey­ling-fa­mi­lie se drie sel­fo­ne is by die ses mans ge­kry wat Don­der­dag­aand, t­wee dae ná ’n aan­val op hul plaas na­by San­nies­hof, in heg­te­nis ge­neem is.

BC G­rey­ling (59) is dood na­dat hy in die aan­val t­wee keer ge­skiet is.

Sy vrou, Mar­let­te (57), is ge­wond, maar sy ma, Mag­de­leen (81), het on­der ’n ta­fel weg­ge­kruip en het nie seer­ge­kry nie.

“Sy is wel e­mo­si­o­neel erg ge­trau­ma­ti­seer,” het Carín Vis­ser, ’n vrien­din van Mar­let­te, vroe­ër ge­sê.

Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der, sê die ses mans is Don­der­dag­aand op ver­skil­len­de tye in San­nies­hof in heg­te­nis ge­neem. Hul ou­der­dom­me wis­sel tus­sen 27 en 38 jaar.

Uit­wy­sings is deur die ver­dag­tes aan die po­li­sie ge­doen.

Mo­le­ko sê die G­rey­lings se drie sel­fo­ne is by die ver­dag­tes ge­kry.

Die ses ver­skyn Maan­dag in die land­dros­hof in Lich­ten­burg.

Die G­rey­lings se Toyo­ta Hi­lux-bak­kie, wat in die aan­val ge­buit is, is Dins­dag laat­nag in die Ot­tos­dal-om­ge­wing op­ge­spoor.

Roe­tes na en van Sak­hi­le by S­tan­der­ton is gis­ter­og­gend vroeg ver­sper.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.