Vrou ‘wou net met EFF praat’, toe vat po­li­sie haar weg

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

’n Wit vrou wat gis­ter deur die po­li­sie ver­wy­der is toe sy ’n ska­re EFF-be­to­gers in Co­li­gny wou toe­spreek, sê sy voel sy is haar spreek­beurt ont­neem.

“Ek was eint­lik be­sig om ’n baie sleg­te dag te hê en het langs my huis ge­staan en huil toe die be­to­gers ver­by­kom,” sê Tash Bo­tha.

“Een van die vrou­e­be­to­gers het na my toe ge­stap en ge­vra wat is fout. Ek het vir haar ge­sê ek huil nie oor die be­to­ging nie, maar om­dat ons on­vei­lig voel en my kin­ders by­voor­beeld by die skool ge­dreig word.”

Bo­tha het toe saam met die be­to­gers ge­stap en met hul­le ge­praat voor­dat die po­li­sie haar weg­ge­neem het, blyk­baar vir haar eie vei­lig­heid.

“Hul­le (die EFF) was eint­lik baie gaaf met my en nie­mand het ge­lyk of hul­le my wil seer­maak nie. Ek het vir hul­le ge­vra waar is hul lei­er, Ju­li­us Ma­le­ma, en waar­oor hul­le be­toog.

“Se­ker die helf­te het nie eens ge­weet waar­oor die be­to­ging gaan nie, maar hul­le was be­sig om na my te luis­ter tot­dat die po­li­sie my ver­wy­der het.

“Al wat ons al­mal wil hê, is om in ’n vreed­sa­me land te woon en om met ons eie le­we aan te gaan, maar op die ein­de van die dag ba­klei al­mal net vir hul eie eng be­lan­ge.

“Ek voel die me­di­a­dek­king oor wat in Co­li­gny ge­beur het was baie een­sy­dig en die sto­rie is ver­draai, so ek wou na­mens die boe­re stand­punt in­neem om­dat hul­le aan die ein­de van die dag die men­se is wat kos op ons al­mal se ta­fel sit . . . ”

Vol­gens Bo­tha het die po­li­sie ge­dreig om haar weens rus­ver­sto­ring in heg­te­nis te neem.

Bet­ty Di­a­le, voor­sit­ter van die EFF in Noord­wes, sê Bo­tha het ir­ra­si­o­neel op­ge­tree en hul­le wou haar vir haar eie vei­lig­heid nie tus­sen hul le­de hê nie.

“Ek het die vrou na­mens die EFF ge­vra waar sy ge­hoor het dat Ma­le­ma ver­on­der­stel is om die be­to­ging by te woon, maar sy wou dui­de­lik moei­lik­heid kom maak en ons neem nie haar op­mer­kings erns­tig op nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.