To­wns­hip­pad ver­sper

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

’NTie­ner­seun is dood en se­we men­se be­seer in ge­weld­da­di­ge be­to­gings gis­ter in S­tan­der­ton.

“Die seun was tus­sen 14 en 16 jaar oud en het ’n kop­wond op­ge­doen,” sê sers. Ge­or­ge Dhla­mi­ni, woord­voer­der van die Sak­hi­le-po­li­sie­kan­toor.

“T­wee po­li­sie­be­amp­tes is on­der die se­we be­seer­des. Een van hul­le is met klip­pe teen die kop ge­tref. T­wee van ons pa­trol­lie­voer­tuie is ook be­ska­dig.”

Ge­weld het gis­ter­og­gend los­ge­bars toe be­to­gers wat aan ’n op­tog van die South A­fri­can Na­tio- nal Ci­vic Or­ga­ni­sa­ti­on (San­co) wou deel­neem, met die po­li­sie ge­bots het, sê Dhla­mi­ni.

“Hul­le het paaie na en van S­tan­der­ton ver­sper en die po­li­sie reg­streeks ge­kon­fron­teer.”

Le­de van die po­li­sie se o­pen­ba­re-or­de-een­heid in Mid­del­burg is na S­tan­der­ton ge­stuur.

San­co wou ’n op­tog na die po­li­sie­kan­toor in S­tan­der­ton hou om te eis dat die Val­ke Lin­da Ts­ha­ba­la­la, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der van die Le­kwa-mu­ni­si­pa­li­teit, in heg­te­nis neem om­dat R21 mil­joen van die mu­ni­si­pa­li­teit se geld glo ver­dwyn het.

“Ons soek ook ant­woor­de van die mu­ni­si­pa­li­teit oor die ge­meen­skap se ei­se in ’n op­tog op 20 A­pril,” sê Ja­cob But­he­le­zi, or­ga­ni­seer­der van die op­tog, in ’n ver­kla­ring. In­wo­ners het toe ge­ëis dat die Le­kwa-mu­ni­si­pa­li­teit slim­me­ters ver­wy­der, slag­ga­te op­vul en aan­dag skenk aan wa­ter­voor­sie­ning en ri­o­le­ring.

Dhla­mi­ni sê San­co het wel aan­soek ge­doen om toe­stem­ming vir van­dag se op­tog, maar hy is nie be­wus daar­van dat die ver­soek toe­ge­staan is nie.

“Wat ek wel kan sê, is dat die­ge­ne wat vir van­dag se ge­weld ver­ant­woor­de­lik is, meest­al nié San­co-le­de is nie.”

Hy sê voor die op­tog het tal­le bui­te­lan­ders wat win­kels in Sak­hi­le be­dryf, hul voor­raad ver­wy­der. “Maar daar is steeds by van die win­kels in­ge­breek.”

Sko­le in Sak­hi­le is ge­sluit om­dat min leer­lin­ge op­ge­daag het. “Die po­li­sie het die leer­lin­ge van drie sko­le be­ge­lei om se­ker te maak hul­le kom vei­lig tuis.”

Dhla­mi­ni sê die si­tu­a­sie was teen 14:00 steeds ge­span­ne, “maar men­se be­gin moeg raak en keer sta­dig­aan huis toe”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.