‘Ka­te sal nie Pip­pa se glo­rie wil s­teel’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die her­to­gin van Cam­brid­ge wil nie haar klein­sus se kol­lig van­dag op haar trou­dag s­teel nie.

Daar­om gaan Cat­her­i­ne nie Pip­pa Midd­le­ton se hof­da­me op haar troue wees nie, be­rig die B­rit­se Mir­ror.

Prins Ge­or­ge (3) en prin­ses C­har­lot­te (2), Cat­her­i­ne en prins Wil­li­am se kin­ders, gaan da­rem on­der­skei­de­lik hof­knaap en blom­me­mei­sie vir hul tan­nie wees, be­rig news.com.au.

Midd­le­ton en Ja­mes Mat­thews (41) trou van­dag 11:30 (12:30 in SuidA­fri­ka) in die 12de eeu­se St. Mark’s-kerk in Berks­hi­re.

“As jou sus­ter die toe­koms­ti­ge ko­nin­gin van En­ge­land is, gaan sy die kol­lig s­teel,” het Ju­dy Way­de, wat ge­reeld oor die ko­nink­li­kes skryf, aan Pe­op­le ge­sê.

“Ka­te sal waar moont­lik op die ag­ter­grond wil bly.”

Die Dai­ly Mail be­rig Gi­les De­a­con het Pip­pa se trou­rok ont­werp. Hy en ’n hel­per is met ’n kle­re­sak by Pip­pa se huis in Lon­den op­ge­merk.

Ge­oor­deel aan die groot­te van die sak – en in­dien die trou­rok wel daar­in ge­kar­wei is – is dit nie ’n groot pof-ge­doen­te nie.

Prins Har­ry se vrien­din, die Suits- ak­tri­se Meg­han Mar­kle, is Don­der­dag­aand op die He­athrow-lug­ha­we op­ge­merk voor­dat sy na die Ken­sing­ton-pa­leis ge­bring is.

On­danks al die be­rig­te dat Mar­kle s­legs na die ont­haal ge­nooi is om­dat sy en Har­ry nie ge­troud is nie, het die Dai­ly Mail on­langs be­rig sy woon die pleg­tig­heid be­slis by.

S­pit­fi­re-vlieg­tuie uit die Twee­de Wê­reld­oor­log gaan die gas­te met lug­toer­tjies ver­maak, be­rig news.com.au.

Fo­to: GETTY

Pip­pa Midd­le­ton en Ja­mes Mat­thews in 2016 ná die Kers­diens in die St. Mark’s­kerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.