Ne­der­land se ko­ning bieg oor ‘vler­ke’

Beeld - - Nuus -

Ko­ning Wil­lem-Alexander het al vir by­na 21 jaar ’n ge­hei­me werk.

Die mo­narg van Ne­der­land vlieg ook vir KLM, dié land se lug­diens.

Hy het aan De te­le­graaf ge­sê hy skuif t­wee keer ’n maand in die stuur­ka­juit van KLM se Fok­ker-vlieg­tuie in.

Hy be­plan nou om op­lei­ding te kry om ook Boeing 737’s te kan vlieg.

Hoe­wel Wil­lem-Alexander ’n paar keer as “gas­vlie­ë­nier” ge­vlieg het voor­dat hy ge­kroon is, was dit nie voor­heen be­kend dat hy ge­reeld as me­de­vlie­ë­nier vir KLM ge­vlieg het nie. Hy het hoof­saak­lik op Eu­ro­pe­se roe­tes ge­vlieg, ver­al tus­sen Ne­der­land en B­rit­tan­je, Duits­land en Noor­weë.

Hy het al voor­heen er­ken hy sou eer­der ’n vlie­ë­nier as ko­ning wees.

Wil­lem-Alexander is nie die e­nig­ste ko­nink­li­ke wat vlieg nie. Vol­gens die BBC vlieg die Sul­tan van Bru­nei sy eie Boeing 747.

Prins C­har­les en sy seuns, prins Wil­li­am en Har­ry, is al drie ge­kwa­li­fi­seer­de vlie­ë­niers. Wil­li­am was ’n vlie­ë­nier van ’n lug­am­bu­lans en Har­ry het A­pa­che-he­li­kop­ters in Af­ga­ni­stan ge­vlieg. Jor­da­nië se ko­ning Abdul­lah is ook ’n ge­kwa­li­fi­seer­de vlie­ë­nier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.