Ry­ers kan volg in Syl­ves­ter se spo­re

Beeld - - Nuus -

Syl­ves­ter die be­roem­de rond­lo­per­leeu was die in­spi­ra­sie vir ’n nu­we fiets­ry­by­een­koms.

Ry­ers sal die roe­te volg wat hy ge­stap het toe hy op vrye voet was.

Die Ri­de W­he­re Syl­ves­ter Ro­a­med F­ree!-berg­fiets­by­een­koms word op 24 Ju­nie deur die San­par­ke-e­re­veld­wag­ters van die Ka­roo­streek aan­ge­bied.

Syl­ves­ter het t­wee keer uit die Ka­roo Na­si­o­na­le Park ont­snap.

Die eer­ste keer, in 2015, het hy meer as 300 km tus­sen Beau­fort-Wes, LeeuGam­ka en Fra­ser­burg af­ge­lê en ’n soek­span vir meer as 20 dae ont­wyk.

In 2016 het hy weer die pad ge­vat, maar sy vry­heid was toe van kor­te duur.

Hy is ge­vang en la­ter na die Ad­do O­li­fant­park in die Oos-Kaap ge­skuif waar hy steeds ge­luk­kig woon.

Cor­ne Bo­tha van Jak­hals E­vents, wat die by­een­koms re­ël, sê die by­een­koms is u­niek.

“Dit be­gin en ein­dig in die park. Die roe­te is vei­lig en sluit ook paaie in wat ge­skraap is waar Syl­ves­ter ge­loop het.”

Vol­gens hom sal die geld wat deur die by­een­koms in­ge­sa­mel word, ge­bruik word vir pro­jek­te wat die e­re­veld­wag­ters aan­pak.

“Die Vry­dag­aand – 23 Ju­nie – wan­neer fiets­ry­ers re­gis­treer, sal die e­re­veld­wag­ters ’n in­lig­ting­ses­sie hou oor Syl­ves­ter en hoe hy ge­vang is,” sê Bo­tha.

Die plan is om die by­een­koms in die ko­men­de ja­re uit te brei en la­ter oor drie dae te hou. Fiets­ry­ers sal ook kan oor­slaap.

Op 24 Ju­nie sal fiets­ry­ers kan deel­neem in die af­de­lings 87 km, 42 km en 20 km. In­skry­wings sluit op 20 Ju­nie. Vol­gens die Fa­ce­book-blad “Syl­ves­ter die Ka­roo Leeu” gaan dit voor die wind met hom en sy maat, Fie­lies, in die Ku­zu­ko-re­ser­vaat, wat deel is van die Ad­do O­li­fant­park.

’n Vi­deo op die blad wys on­der meer hoe Syl­ves­ter na har­te­lus in die veld brul.

Daar word nou ’n fiets­ry­by­een­koms ter ere van Syl­ves­ter ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.