‘Mo­le­fe se te­rug­keer na E­s­kom ab­surd, per­vers’

Beeld - - Nuus - – News24

’n Op­po­si­sie­ge­lei­de se­ge in 2019 sal ’n ramp­spoe­di­ge im­pak land­wyd hê.

Die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as E­s­kom se uit­voe­ren­de hoof, is ab­surd, sê dr. Bla­de N­zi­man­de, hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP.

“Dit is as­of ons nor­ma­li­teit vir per­ver­sie ver­ruil.

“En wie be­taal die prys? Die ANC,” het N­zi­man­de op ’n twee­dag-ver­ga­de­ring van die par­ty in Boks­burg ge­sê.

“Ons ver­staan nie hoe­kom jul­le B­ri­an Mo­le­fe weer by E­s­kom aan­ge­stel het nie.”

Die SAKP het niks per­soon­liks teen Mo­le­fe nie, maar is teen “ver­keer­de goed” ge­kant.

Die e­ko­no­mie kan nie ge­trans­for­meer word as “pa­ra­si­tie­se van­da­le” toe­ge­laat word om die staat te plun­der nie, sê N­zi­man­de.

G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC, sê E­s­kom, en ook baie an­der staats­be­heer­de on­der­ne­mings, “moe­nie as kon­tant­koei ge­bruik word so­dat die e­li­te voor­deel daar­uit kan trek nie”.

“Jy ver­nie­tig dan nie net die on­der­ne­ming en die land nie, maar jy ver­nie­tig die in­di­vi­du.

“Jy ver­nie­tig die staat se ver­moë om pro­ble­me te han­teer,” sê hy.

’n Kon­sep­do­ku­ment vir die ver­ga­de­ring wat Beeld on­der oë ge­had het, lui die be­vry­dings­be­we­ging, on­der lei­ding van die ANC, het te kam­pe met baie erns­ti­ge uit­da­gings wat dreig om die drie­par­ty­al­li­an­sie te ver­deel.

Dit is vroe­ër af­ge­weer deur lei­ers en le­de wat die al­li­an­sie se waar­des ver­de­dig en ge­hand­haaf het.

In die do­ku­ment word ook ’n be­roep ge­doen dat ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring ge­hou word om “o­pen­lik, eer­lik en deur­sig­tig oor die stand van die na­si­o­na­le de­mo­kra­tie­se re­vo­lu­sie te praat”.

“Die ver­moë om ons­self reg te stel is ver­weer en be­staan feit­lik nie meer nie.”

Die do­ku­ment lui voorts: “Ons is nou op ’n punt waar dit nood­saak­li­ker as ooit is dat die be­we­ging aan die men­se van Suid-A­fri­ka hoop bied dat die lei­ers­korps ge­wil­lig is om nie net te luis­ter nie, maar die moei­li­ke om­stan­dig­he­de waar­in hul­le leef, om te keer.”

Die SAKP maan oor die moont­li­ke ge­vol­ge as die ANC die ver­kie­sing in 2019 sou ver­loor: “’n Op­po­si­sie­ge­lei­de se­ge in 2019 sal ’n ramp­spoe­di­ge im­pak land­wyd hê, maar dit is ook ’n bron van groot kom­mer vir die vas­te­land en die wê­reld.”

Fo­to: LULEKWA MBADAMANE

Dr. Bla­de N­zi­man­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.