Grond: Wie toor jul­le, vra die EFF

‘ANC sloer op­set­lik’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

As grondhervorming teen die hui­di­ge pas voort­gaan, sal dit min­stens 120 jaar duur om 40% van die grond aan swart men­se oor te dra, sê die EFF.

“Swart men­se het van­dag nie ge­vor­der van waar hul voor­va­ders was of e­ni­ge ver­an­de­ring in hul e­ko­no­mie­se stand ge­had nie. Ons het geen grond­her­vor­mings­pro­gram nie, maar ’n reu­se-grond­aan­ko­pe­pro­gram en ein­de­lo­se ver­sko­nings van die ANC,” het Sam Ma­ti­a­se, EFFLP, gis­ter in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ge­sê.

“Die res­ti­tu­sie­pro­gram be­hels on­der meer dat grond van wit boe­re ge­koop word om dit aan swart men­se te­rug te gee. Wie het jul­le ge­toor? vra ons.

“Teen die pas waar­teen ons be­weeg, sal dit min­stens 120 jaar neem om 40% van die grond aan swart men­se oor te dra. Dit is ’n kri­sis wat lei­er­skap ver­eis,” het hy in die de­bat oor Gu­gi­le N­kwin­ti, mi­nis­ter van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grondhervorming, se be­gro­tings­toe­spraak ge­sê.

Ma­ti­a­se het weer die EFF se 6%-steun aan die ANC ge­bied om die Grond­wet te wy­sig om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding toe te laat. “Dit kan dalk jul heel laas­te kans wees om iets be­te­ke­nis­vols vir ons men­se te doen. Jul­le gaan in 2019 stem­me ver­loor en sal in geen po­si­sie wees om ’n pro­gram van ra­di­ka­le ver­an­de­ring in ons sa­me­le­wing te lei nie,” het hy ge­sê.

M­ce­bi­si S­kwatsha, ad­junk­mi­nis­ter van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grondhervorming, het ge­sê die vraag moet ge­stel word “wie van die ra­si­o­ne­le men­se van Suid-A­fri­ka en die EFF” ge­toor is.

Die VF Plus het die re­ge­ring daar­van be­skul­dig dat hy “op­set­lik en vir eie po­li­tie­ke ge­win met grondhervorming sloer”.

Vol­gens dr. Pie­ter Groe­ne­wald, VF Plus-lei­er, is dit vir die ANC be­lang­rik dat sy pre­si­dent rond­gaan en vir men­se sê hul­le kan nie grond kry nie, want die wit men­se het dit ge­steel en “daar­om moet dit son­der ver­goe­ding ont­ei­en word”.

“Dit is ’n ge­vaar­li­ke po­li­tie­ke spe­le­tjie, want dit plaas voed­sel­se­ker­heid en vei­lig­heid op die spel.”

N­kwin­ti het voor sy toe­spraak op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê die ANC het nie ’n be­leid vir grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding nie. “Ons gaan in Ju­nie na ’n be­leids­kon­fe­ren­sie en ek het dit nie in die be­spre­kings­do­ku­men­te ge­sien nie.”

P­hum­zi­le Mn­gu­ni, ANC-LP, het in die de­bat er­ken dat die pas van grondhervorming baie sta­dig is. “Ons neem ver­ant­woor­de­lik­heid daar­voor. Jul­le ver­ge­lyk eg­ter meer as 300 jaar met 23 jaar. Ons vra om ver­sko­ning aan ons men­se, maar ons dink geen an­der par­ty sou be­ter ge­vaar het nie.”

Hy het die EFF se 6%-aan­bod ver­werp. “Ons gaan nie die weg van grond­ver­gry­pe in­slaan nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.